Die “Truckstop”
deur Skoolhoof
Johan is in ‘n goeie luim. Hy is alreeds honderde kilometers uit die Stad van goud op pad na sy tuiste in die platteland. Die vergaderings het goed afgeloop en al wat hy nou het om te doen is om sy 4×4 weer met brandstof op te vul en dan is dit “going back west” al die pad.
By die vulstasie gaan hy gou sy telefoon na vir boodskappe en hy merk dat hy ‘n boodskap op Twitter het.
Wat?!! Hy kan sy oë nie glo nie. Dit moet ten minste dertig jaar gelede wees. Dit was min of meer die laaste keer wat hy van hiérdie vrou iets gehoor of gesien het. Sy het hom ‘n invite gestuur. Sy hande begin liggies bewe, wanneer hy vinnig met ‘n boodskap terug reageer.
Die petroljoggie is by sy venster. Hy krap vir sy kaart en kan nie glo dat hy dit nou nie kan kry nie. Die bleddie ding was dan nou net hier in sy beursie gewees. Het hom! Lê op die paneelbord soos ‘n wafferse Gautenger op Margate se strand in die son. Tik die pinkode in en kan beswaarlik wag om te kyk op die selfoon of daar nie al reaksie van haar kant terug is nie. Strokie vir bewys van betaling en hy kan ry.
Haar antwoord is kort: “Hi …”
Hy sit en hunker op die gedagtes wat deur sy kop maal. Moet hy of moet hy haar liewer nie bel nie? Ag flip dit! Hy druk haar nommer en terwyl die foon lui, is hy baie bewus van sy hart wat buite beheer in sy keel klop.
Sy antwoord: “Hi.” Hy kan die glimag in haar stem hoor.
“Dit is, as ek dit mag sê, nou ‘n moerse verrassing,” sê hy terwyl hy sy asemhaling so normaal as moontlik probeer hou.
“Wat is n verrassing?” en hy kan sweer sy sê-vra dit so op ‘n skaam manier.
“Die feit dat jy met my kontak maak,” sê hy effe sarkasties.
Sy giggel en hy kan hoor sy is nou vrek skaam. “Ja ek het jou ‘n invite gestuur en toe gekanselleer en toe weer een gestuur.”
Die gesprek is van hierdie punt af dadelik sonder stampe en stote. Hulle praat asof dit ‘n elke dag ding is. Esmarelda sê sy sal hom graag weer wou sien en dat hulle dalk eendag ‘n koffie saam moet gaan drink.
“Wanneer is jou eendag Esmarelda?” vra hy en voor sy kan antwoord vra hy weer: “Wat van vandag?”
“Is jy dan nie op pad huis toe nie?” vra sy.
“Ag, om ‘n tweehonderd kilometer draai te ry om weer my Skiefs te sien, is glad nie só ‘n groot probleem nie!” Sy hart slaan omtrent bollemakiesie in sy borskas.
***
Dit is nou ongeveer ‘n jaar na daardie dag. Johan is weer op pad, maar hierdie keer met een van sy groot lorries. Hy is behoorlik aan die dagdroom terwyl die pad kilometer na kilometer onder hom verbyskuif. Totaal onbewus van die afstand – selfs die ander verkeer om hom merk hy glad nie eers op nie. Sy gedagtes net by die eerste liefde in sy lewe. Hy dink aan meer as dertig jaar gelede. Die matriekafskeid en die openlike bewondering van sy maats. Hulle kon hulle oë nie glo nie, want hoewel Johan ‘n kranige rugbyspeler vir die skool was en hy vir sy groote goed gebou was, was dit reeds sy lengte wat die anderkant van die muntstuk was. Hy was maar ‘n kortgat. Kon glad nie juis dans nie en hoewel hy maklik kon gesels met meisiekinders, was hy nou nie aspoestertjie se ideale vrygeselskap nie. Hy was, soos sy Afrikaanse onderwyseres by geleentheid vir hom gesê het, enige skoonma se droom.
Daar dans hy daardie aand met die pragtigste meisiekind denkbaar! Die een dans na die ander. Van sokkie tot ‘n wals! Sit byna nie een plaat uit nie en dit net omdat sý die een is wat so lig soos ‘n ballerina in sy arms sweef. Hy dink aan, hoe hy haar met ‘n piksoentjie by haar kamer later die aand gegroet het, terwyl haar ogies blink en met groot verwagting na hom gestaar het.
Hy dink aan die “koffiedrink” nou alweer ‘n jaar gelede. Hoe hy die tweehonderd kilometer draai met ‘n lied in sy hart kafgedraf het. Na die aangename her-ontmoeting het hy vir hom ‘n nuwe belt gekoop en by die betaalpunt het hy ‘n grap met die kassiere gemaak en gevra of sy dink dat die belt die ding sal doen om sy vrou mee pak te gee. Die kassiere het haar oë gerol en Skiewies was bloedrooi en het haar onderlip gebyt en daarna ondeund geglimlag. Lekker saam gelag vir die kassiere se verbasing en toe hulle buite die winkel was en dit het ewe skielik gevoel of hulle net saam hoort.
Die ontmoetings het begin meer raak. Die boodskappe tussen mekaar byna elke uur. Die skuldgevoel het saam met die opwinding gegroei. Beide was immers getroud. Sy dalk minder gelukkiger as hy, maar it takes two to tango en die tango het al hoe meer gewaagd geraak.
Vanoggend gaan hulle weer ontmoet. So in die geheim, as ‘n ontmoeting by ‘n openbare truck stop ‘n geheim genoem kan word.
Hy draai van die snelweg in. Sien haar motor tussen die ander voertuie. Hy ry agterom die fasaliteit na waar al die ander lorries parkeer.
Sy lorrie is egter soos hulle sê, in ‘n ander klas en staan uit tussen die ander. Hy laat luier die engine sodat die turbo kan afkoel en sien haar aangestap kom oor die parkeerarea.
Sy is fyn gebou. Nooit kinders van haar eie gebaar nie. Sy het ‘n Jean aan en omdat dit nog vroeg in die oggend is en die herfs nog in volle swang is, het sy ‘n baadjie oor haar wit bloes aan. Hy sit sy arm om haar dun middel en trek haar nader om haar te soen. Haar lippe is sag soos spookasem en haar ferm bortse wat teen hom druk ontgaan hom glad nie. Haar oë blink en sy lyk ontspanne en gelukkig. Met daai spesiale sagte geaardheid, wat hy nou al so goed leer ken het, sê sy: “Hallo, dankie dat jy bereid is om te stop. Ek weet jy is seker haastig, maar ek verlang so baie en ek sien jou so min,” terwyl sy haar kop teen sy bors druk.
Johan vra: “Kan ek vir ons wegneemkoffie koop en dan kom drink ons dit in die lorrie?” Haar wange kry ‘n effense blos voor sy skamerig terug antwoord: “Sal lekker wees.”
Versigtig dat daar dalk oë mag wees wie hulle nie behoort te sien nie, vermy hulle hande mekaar en stap hulle na die restaurant asof hulle broer en suster is. Terwyl hulle wag vir die koffie is die woorde skraps en is dit meer die gevoel van afwagting wat hulle met ‘n tinteling op die maag waarsku: “all sytems in danger, due to override!”
Terug by die lorrie hou hy die twee koffies vas terwyl sy inklim. Johan staar sonder skaamte na haar pikante boudjies en sy hart begin versnel in tempo.
Die slaapkajuit is besonders luuks en gemaklik en die tafeltjie laat dit voel soos ‘n karavaan. Esmarelda reageer nou meer spontaan: “ Oooooh, ek het al so baie gewonder of ek ooit die geleentheid gaan hê om te kon sien hoe jou lorrie binne-in lyk.”
Johan reageer: “En? Is dit wat jy jou voorgestel het?”
“Nee glad nie. Dit is baie oulik en so intiem,” terwyl sy haar teen hom aanvlei soos ‘n verliefde skooldogter teen haar kêrel.
Daar is plek vir sit aan weerskante van die tafel, maar hulle gaan sit op een bankie langs mekaar – die koffie vir ‘n wyle eers vergete op die tafel. Geen woorde is nodig nie. Hy sou normaalweg eers vra of hy haar ‘n drukkie mag gee, maar asof dit beplan was, gaan sy arms om haar lyf, haar hande om sy nek en hulle lippe vind mekaar soos Hollywood sterre in n fliek.
Die soen is vurig, met hulle tonge wat in mekaar se monde speel soos klein hondjies in ‘n mandjie. Johan is opnuut in vervoering oor haar besondere sagte lippe en wanneer hulle ophou soen, is haar sagte oë, smarag groen, vasgebrand in sy verstand.
“Skiefs, jy is vir my die mooiste vrou op hierdie aarde.”
Sy bloos bloedrooi en daai bekoorlik vasbyt van haar onderlip, voor sy skaam glimlag en terug antwoord: “Dankie en ek wens ek kon jou by my hou vir altyd.”
Effe verleë en so half asof hulle nie weet wat om volgende te doen nie, begin hulle hulle koffie drink. Hy plaas sy hand op haar been en sy reageer dadelik deur styf onder sy blad in te wurm.
Hy praat sag by haar oor: “Sal jy bang word as ek die gordyne toemaak, dan kan nuuskieriges ons dalkies nie so maklik uitkyk nie?”
Sy vee liggies met haar sagte hande oor sy wang en met ogies wat vonkel soos liggies sê sy: “Glad nie.”
Die gordyne is van’ n tipe kunsleer en dit maak die windskerm totaal toe, wat die kajuit privaat maak. Wanneer hy terugdraai na haar, is sy klaar met haar koffie en het agter die tafel uit beweeg. Die volgende beweging, is outomaties- hulle is weer in mekaar se omhelsing en die keer soen hulle asof dit die laaste ooit sal wees. Haar hande om sy nek, syne om haar lyf. Sonder beplanning sak sy hande af tot op haar boudjies. Hulle is skaars n handvol en styf soos die van ‘n veel jonger meisie. Hy druk haar stywer vas. Sy voel sy ereksie teen haar en sy druk terug. Hy staak die soen en vra: “Kan ek die tafeltjie maar omskep in ‘n bed?”
“In ‘n bed?” vra sy verbaas.
“Ja, kom ek wys jou.” Die tafel sak af om gelyk te wees met die bankies waarop hulle gesit het. Die ruglenings maak die spasie op en gou is dit n dubbelbed.
Hy is weer terug by haar – hervat die vryproses, maar die res is nou vanselfsprekend. Sy hande stroop haar baadjie af. Sy byt haar lip.
Hy tel haar met een beweging van haar voete af op, sy arm in die waai van haar bene en hy staan met haar in sy arms soos ‘n bruidegom wie sy bruid op hulle eerste huweliknag in die kamer gaan in dra.
“Sjoe!, jy’s sterk om my so maklik te kan optel!” en sy lag skalks.
“Nee Skiefs, is nie ek wie sterk is nie, is jy wat so fyn en seksie gebou is, my skat.” Hulle lag skaam vir mekaar, terwyl hy haar op die bed neersit.
Hy begin die knopies van haar bloes losmaak. Beide se skoene is reeds uit. Sy laat nie op haar wag nie en gou lê sy hemp ook op die vloer. Sy lê op haar rug. Hy staan tussen haar bene op sy knieë. Haar hande beweeg sag en stadig van sy bors na onder. Op sy maag huiwer sy , wyl haar vingers die lyne op sy maag bewonder. Op sy ouderdom, nie ‘n six pack nie, maar indrukwekkend genoeg dat hy die verbasing in haar oë kan sien.
“Jy lyk goed vir jou ouderdom,” sê sy en byt weer daai lippie van haar vas. Hy weet nie wat om te sê, anders as ‘n verleë dankie. Haar bra getuig van duursmaak en sy hande woel haar Jean van haar lyf af. Haar g-string is ewe smaakvol. Sy Jean het knope, in plaas van ‘n zip en sy het bietjie meer moeite om hom uit dit uit te help.
Johan klim van die bed af en begin om haar enkels tot onder haar knieë met sy tong te lek, wyl hy voor die bed op sy knieë staan. Sy hande vryf liggies op haar bo-bene. Streel met sy vingers bietjie harder wanneer hy afbeweeg na haar knieë. Sy lê terug en maak sagte geluide van tevredenheid. Met sy kop nou tussen haar bene, krul sy vingers om die bo-rand van die g-string en hy trek stadig aan dit. Sy lig haar agterstewe en hy terk haar broekie uit.
“Brazilian cut,” het sy gesê toe hy haar speels op ‘n vorige geleentheid gevra het of sy daai plekkie skeer of nie. Hy sien nou wat dit beteken en hy voel soos ‘n kat wat room gekry het. Sy hande knip die bra los en dan is sy poedelnakend. Hy gee haar kans om sy onderbroek uit te trek. Fiellies stel nie teleur nie. Hy staan regop soos ‘n opgetrekte handrem. Esmarelda se oë sukkel om in syne te kyk. Bly dwaal na die skouspel voor haar.
Met hande wat streel en wat mekaar se liggame deur toer, vou hy haar toe in sy omhelsing. Lywe styf teen mekaar, lippe wat soen en dan weer haar nek bekoor, oorlêlle wat hy suig en sy pad na haar borste vind. Hy doen dit stadig, want Johan is bang dit raak dalk op.
Hy sit sy mond oor haar vroulikheid en begin haar suig soos ‘n creepy op ‘n swembadvloer. Sy tong in haar gleuffie – lek hy soos ‘n hond wat water drink. Hy proe haar sappe in sy mond, haar klit is op die punt van sy tong. Sy is sopnat. Terwyl hy met sy tong die pad verby haar naeltjie na haar stywe borste vind, glip hy ‘n vinger in haar – wat vir hom so klein en styf voel soos ‘n ballon se gat. Hy vryf haar poeslippies en dan weer in haar genotgrot terug met sy vinger. Sy vinger kry ‘n maatjie by en die twee saam vind daai sensitiewe “spot” wat onder sy vingerpunte soos ‘n neut voel. Hy begin die tempo versnel, hoor hoe haar parratjie in ‘n plassie ontaard van slymerige sappe. Sy kreun behaaglik, haar wange gloeiend en haar oë verraai die wellus in haar. “Jy kan hom maar insit as jy wil,” sê-vra sy. Nie dat hy sou wag vir toestemming nie, maar hy beantwoord haar begeerte.
Hy het n kussing onder haar boudjies ingedruk en sonder moeite gly sy stywe voël haar sopnat parra binne. Ritmies begin sy heupe werk. Hy is baie bewus van die feit dat sy vir hom, klein voel daar onder. Sy kreun en dit lyk vir Johan of daar vogtigheid in haar oë is.
“Maak ek jou seer Skiefs;” vra hy en hou op stoot.
“Nee glad nie, dit is net vreeslik lekker, my skat,” en haar handjies vat hom aan sy heupe.
Hy begin weer naai, maar die entoesiasme waarmee sy reageer is hy nie gewoond aan nie. Johan is en was ongelukkig ook nog nooit ‘n marathon atleet nie.
Hy voel daai bekende gevoel in sy onderstel wat die ontploffing voorspel. Nog ‘n paar in-en uit bewings en dan pluk hy Fiellies uit, terwyl hy hom toedruk met sy hand. Dan los hy versigtig en spuit sy kondensmelk oor haar magie uit. Sy’s effe verbaas wanneer sy sê: “Jy kon maar in my gekom het.”
“Nee, dit voel my nie geoorloof nie,” antwoord hy. “Sorry dat ek jou so bemors.”
“Dit is niks. Ek wil jou hê – alles van jou. Binne-in my. In my hart!” en sy vryf met haar hande sy saad oor haar hele lyf, asof sy room aan smeer.
Johan is terug op die snelweg. Sy hele wese is in vervoering. Nog nooit het so iets met hom gebeur nie. Die vrou wat hy só begeer het vir ‘n lewensmaat, dertig jaar gelede, het vandag sy vrou geword. Nie amptelik getroud nie, maar wanneer ‘n man met n vrou gemeenskap het, word hulle een vlees. Die gedagte laat hom ril, maar hy is in die wolke.
Haar groet sal hy nooit vergeet nie. Met haar hande in syne, terwyl sy hom liefdevol in sy oë gekyk het, het sy saggies gesê: “Dankie, jy het my laat kom.”
7 COMMENTS
Daar openbaar Skoolhoof die lorriedrywers se “haremhoekie” aan ons!
Goeie storie, Skoolhoof met ‘n lekker aanslag en beskrywende, soms idiomatiese taalgebruik wat smelt op ‘n Afrikaanse tong en oor.
Dankie, jy kan gerus meer van jou verhale vir ons plaas.
Dankie Ysbeer
Skoolhoof – vir hiedie storie kry jy ‘n A+ my vriend. Absolute fantastiese storie. Derhalwe glo ek nie dat hierdie storie klaar is nie. Ons kyk in spanning uit na jou vervolg.
Vidar – sal graag wou hoor wat was die trant van daardie briewe sonder pen en papier – LOL
Lekker…..
Ai, die hiemwee van skool liefde en verlief wees. As ek toe geweet het, wat ek nou weet…
Daar was ‘n paar meisies op skool vir wie ek briewe geskryf het, maar nie met pen en papier nie.
Nou ja toe…. Nog altyd gewonder wat lorriedrywers in hulle kajuite doen. En die fiekse, fitse, Skief…. Ai jai jai…