
Die sewende gebod
deur Geriatrix
Die nommer op my selfoonskerm is nie bekend nie, maar ek antwoord tog. “Haai, dit is Magriet, sal jy
more-aand by my kom eet?” Toe herken ek die stem, dit is my spesiale dame Beatrix se ouer suster
en ek het haar ontmoet na aanleiding van die inrynaaiery op die bak van Volkswagen Kewer.
“Magriet, dankie, hoor ek jou reg, jy vra my om more saam met jou te eet, nie julle nie?”
“Heeltemal reg gehoor – ete saam met my en my alleen, my man is vir twee weke Kaap toe. Sal so 19:30 jou pas?”
Wat hierdie dame op afstuur, is baie beslis egbreuk of is dit nou owerspel? Wat sê die Heidelbergse
Kategismis nouweer daaroor? Gou probeer naslaan, dit is mos agter in die Psalmboek; ooral gesoek,
maar kon nêrens ‘n Psalmboek opspoor nie – vandat die kerke oorhoofse projektors het, gebruik niemand meer ‘n Psalmboek nie.
Vra vir Beatrix wat sy dink. “Het sy jou nou eers gebel? Ek het gedink sy het die storie al weke terug
gereël! Toe ek haar die eerste keer van jou vertel het, wou sy jou al ontmoet; ek dink die kewersessie het haar finaal oortuig. Ek kon ook sien dat jy ook dink dat my ousus baie spykerbaar is – komaan, gaan en geniet dit en moenie jou bekommer of oor dit egbreuk of owerspel is nie – sy en haar man is baie oop.”
Hel, kom ek wees eerlik, ek voel amper soos ‘n jong lat wat vir die eerste keer gaan kuier en verseker weet dat hy daardie aand gaan spyker en gespyker kan word. In my verbeelding probeer ek myself die toneel voorstel; ek weet presies hoe Magriet sonder haar klere lyk – hoe ferm haar borste nog is, haar bene is nog slank en goed gevorm, haar magie plat vir ‘n dame van haar jare wat al drie kinders gehad het en dat haar lang hare oor haar tepels hang – as sy dit nog nie afgesny het nie. Haar hare is blond en dit is eg, want haar dooshare is ook ‘n ligterige bruin anders as Beatrix wat ‘n brunet is met pikswart dooshare.
Haai jong hou op om die twee susters met mekaar te vergelyk – elkeen is ‘n individu op haar eie. Toe ek Beatrix hieroor uitvra, antwoord sy so skalks: “Ja ons twee deel ‘n biologiese ma en die man met wie sy getroud was se naam verskyn op albei ons geboortesertifikate, maar my ma was nogal ‘n bok vir sports.”
Presies om 19:30 stop ek voor haar huis en sy maak die hek en deur oop sodat ek direk in die motorhuis kan inry. Sy lyk pragtig met haar hare los, ‘n frillerige bloes en ‘n wye romp. (Teen die tyd het ek finaal die verskil tussen ‘n hemp en ‘n bloes ontsyfer – die een se knope sit aan die linkerkant en die ander aan die regterkant, maar ek weet nie watter wat is nie.) Ek is seker die twee dames het met mekaar gepraat oor my voor- en afkeure wat kleredrag betref. Omdat dit somer is, het sy nie sykouse aan nie, net gemaklike sandale. Sy soen my asof ons ou kennisse is en ek ruik haar parfuum – net genoeg om die beduidenis van muskus te gee, maar nie genoeg om wel te bevestig dat dit wel muskus is nie.
Sy stap voor en ek kan mooi die swaai van haar boude sien. Hierdie girl weet hoe om sexy te loop! Toe sy my drankie voorsit, is dit duidelik dat sy presies weet hoe my smaak ontwikkel het; net die regte enkelmout met ‘n skeutjie water en verder niks.
Ons gesels gemaklik oor amper elke onderwerp onder die son en sy weet waarvan sy praat. Sy is ook nie bang om ‘n argument uit te lok nie. Die hele besoek begin sommer op ‘n goeie noot. Na ‘n paar doppe stel sy voor dat ons gaan aansit. Die ete is heerlik en die wyne by elke dis perfek. Sy sit oorkant my en as sy vooroor leun, kan ek sien dat sy nie ‘n bra dra nie en dat die bloes so gesny is dat sy haar bates op die beste manier kan tentoonstel.
Na die nagereg het ons die skottelgoed kombuis toe gedra waar sy dit gou in die skottelgoedwasser
gepak het terwyl ek op ‘n kombuisstoel sit en haar dophou. Onvermydelik moet sy teen my skuur omdat die kombuis so klein is en dan ek voel hoe haar tepels begin opstaan. Teen die tyd het ek ook al die begin van ‘n ereksie en sy merk dit op – “kom ons gaan sit gemaklik in die sitkamer”.
Ons sit langs mekaar op ‘n rusbank – net mooi hard genoeg om nie in te sak nie en ook net mooi hoog genoeg dat haar voete net-net aan die mat raak. Sy het teen die tyd haar sandale afgeskop en ek het my skoene en kouse uitgetrek. So sit ons twee en voetjie-voetjie speel; vir seker so halwe minuut voor sy haar rok reg skuif sodat ek my hand op haar knie kan sit.
Dit is nou seker maar fiemies, maar volgens my begin ‘n vrou se been nie by haar knie nie – nee dit begin by haar voete of dan nou meer korrek, haar tone; so dit is waar ek begin. Die dame is meer as gemaklik daarmee dat ek halfpad begin en probeer my hand in die rigting van haar knie stuur, maar sy het my genooi om haar te naai en ek is die persoon wat weet wat ek wil doen, so sy sal gevry word volgens die patroon wat ek uitgewerk het.
Speel eers met haar tone, sy het nie gedink dit sal lekker wees as ek tussen haar tone vryf nie – hierdie een praat aanhoudend en sê alles wat sy wil, wat vir haar lekker is en so voort. Al met die voet op tot by die enkel, dan oor die gaping na die ander been toe waar ek van die enkel af na die tone beweeg. Een hand is darem teen die tyd al om haar skouer en speel met haar hare. Lang hare is darem ‘n heerlike speelding! Ek gebruik die baan wat haar hare vorm om stadig haar bloes af te skuif sodat daardie pragtige pramme darem ook daglig kan sien. Hier is sy my een voor – toe ek nog daaraan dink om die bloes af te skuif, het sy hom oop, oor haar skouers en af tot op die vloer. Voor my is ‘n pragtige stel tiete wat punt in die wind staan en onvermydelik begin ek daar ook.
Terwyl die een hand haar bolyf ondersoek en my mond haar soen terwyl sy net so hard terugsoen, is
die ander hand darem ook nie ledig nie en hy is al amper verby haar knie op pad na die heuningkoek
toe. Ons stop vir ‘n oomblik vir haar om haar romp uit te trek en ek om, met haar hulp, my broek en
hemp uit te trek. Nou is albei kaal, want sy het nie ‘n broekie onder haar romp aangehad nie. Sy skuif
so effens vorentoe op die bank sodat haar dosie mooi uitstaan en toe begin sy praat oor hoe jags
Beatrix haar en haar man gemaak het met die vraag oor hoe mens op die enjinkap van ‘n VW kewer
genaai het. Hulle kon nie wag dat sy moet loop nie, want hulle wou kyk of dit nog so werk.
Met die een hand maak sy haar doos oop en wys vir die hele wêreld hoe goed sy hom opgepas het. Sy vou die lippe oop en toe, maak die hele kanaal sigbaar tot onder en dan speel sy met haar klit. En hier begin een van die beste skouspele wat ek nog aanskou het – regtig! Sy speel eers met haar klit, dan maak sy die kanaal oop en pluk my stokstywe voël nader. Teen die tyd is ek so reg as wat kan so daar is nie veel teestand nie. Sy vou my voorvel terug en begin met die kop haar ingang – en nou is vir die eerste keer is ek woordeloos, want die gewone woorde wil nie werk nie – die ingang en omgewing te eksploreer. Sy gebruik hierdie stywe stok om plekke oop te maak wat gewoonlik nie oop gemaak word nie of om plekke te betas wat nie gewoonlik betas word nie. Sy gebruik ook die voorvel om goed te doen wat dit nog nie voorheen gedoen het nie.
Met die stywe voël in plek, begin sy haar doos masseer, vryf en sommer net speel. Sy voer gramatse
en bewegings uit wat ek nie gedink het moontlik is nie; die hele tyd sit my voël in die warm genotgrot en geniet alles, maar hel ‘n man kan net soveel stimulasie hanteer en hoewel ek nie meer kan ejakuleer nie bereik ek ook ‘n hoogtepunt. Sy kom dit agter en toe ek nog dink om te kom, druk sy met haar duim en voorvinger net agter die kop en daar verloor ek die hele ereksie.
Moenie dink dat dit die einde is nie. O nee! Hier is nou weer ‘n geleentheid om die ou man van voor af op standaard te kry en sy ken elke truuk in die boek plus nog ‘n paar waarvan ek nie geweet het nie. Terwyl ek konsentreer om die ou man weer regop te kry, sê-vra sy: “Het jy vergeet van my pramme? Hulle wag vir jou.” My hande moet nou weer hierheen skuif en hulle werk daar gaan doen.
Dit is nou vir jou lekker om met haar hare te speel en die nippels met die hare oop en toe te maak. Ons het gespyker, gevry, ietsie gedrink en dan weer van vooraf begin – moet sê die pas het my begin vang en ek het regtig begin uitsien daarna om net om te dop en te slaap. Terwyl ek weer voor haar op my knieë sit-staan waar sy amper op die punt van die rusbank sit en sy my voël in en uit stoot terwyl ek nou regtig net ‘n toeskouer is en nie meer veel tot die ‘gesprek’ kan bydra nie, raak ek meteens bewus van ‘n beweging hier skuins agter my. Uit die hoek van my oog sien ek ‘n baie bekende vorm – so ‘n amperse hartvormige rooi-pers masjien wat bewend in die lug rondswaai; ‘n voël en dit is beslis nie myne nie! Die eienaar van die moerse voël gee so een of twee trekke en toe vat Magriet oor en stimuleer die ou verder. Toe dit by die komslag kom, rig sy die straal op haar tiete en kleur hulle met die ou se kom in.
Ek het uitgetrek en net gestaan en kyk wat hier voor my gebeur. Ek herken toe die eienaar van die voël. Dit is Magriet se man wat veronderstel is om in Kaapstad te wees! Die ou het die hele aand agter die gordyn gestaan en ons dopgehou; hy het glo byna die hele tyd draad getrek ook en toe aan die einde kon hy nie meer hou nie en moes hy op sy vrou se tiete kom.
Nou voel ek soos ‘n drol, want ek het nog nooit ‘n ander man se vrou gespyker nie. Albei van hulle beduie dat dit klap dat ek nie moet sleg voel nie, want hulle het die hele ding so beplan; en om dinge nog erger te maak, het een van die dames van die groep as videograaf opgetree en alles verfilm. Ons het later na die video gekyk en ek moet sê sy ken haar werk, maar ek het nog nie weer kans gesien om ‘n getroude vrou te naai nie.
En owerspel of egbreuk? Voëls van enerse vere – albei beteken dieselfde.
4 COMMENTS
Geriatrix is ń parmantige dopper. ń Genietlikheid, dankie.
Auk en daar val my masker af! Ek dink mens spel dit nog met ‘n hoofletter D. Doppers mag seks hê maar nie dit geniet nie.
klimaks sonder ‘n glimlag…
Lekker een, Geriatrix ! Ek het die verhaal geniet en jy het soos altyd die storie met vernuf opgedis.
Welgedaan!