
Die Prys van Vryheid (6)
deur Annelise
(Lees die vorige episode HIER)
Ek weet nie hoe lank ek huil nie. Die son skyn warmer op my soos dit al meer opkom oor die woestyn agter my. Maar dis nog vroeg, want daar is amper niks mense nie. Al wat ek oor en oor dink is hoe dom ek is dat ek Gunter en Danie so geglo het. As ek nie vinnig slimmer word en my lesse leer nie gaan ek nooit in die Kaap uitkom nie. Ek het amper al die kilometers verloor wat ek al gevorder het – en nog duur betaal ook daarvoor.
“Hey, is jy … oukei?” vra ‘n man se stem.
Dis ‘n jong ou – so jonk soos Danie en Frans seker. Hy glimlag, maar ek sukkel om terug te glimlag.
“Nee, nie regtig nie, maar dankie dat jy vra,” sê ek.
“Is daar … kan ek dalk help?”
“Ek dink nie so nie, maar dankie.”
Ek sukkel om op te hou huil.
“Kan ek vir jou dalk ‘n koffie koop daar by die Lighthouse Restaurant?
Hy wys oor die pad. Hy lyk amper bekommerd, maar ek is nog kwaad vir myself en vir mans.
“Asseblief, anders moet ek alleen sit en daar is niks wat ek meer haat nie.”
Sy oë lyk sag, sy stem is vriendelik.
Ek knik my kop, staan op en volg hom oor die pad en by die deur van die restaurant in. Daar is ‘n vrolike gesinnetjie in die hoek besig om ontbyt te eet. Die pa kyk vir my. Hy laat my dink aan die pa wat my gelift het tot in Otjiwarongo.
“Ek is Gideon. Wat is jou naam?” vra die ou terwyl hy my stoel uittrek.
“So … Lilly.” Amper vang hy my uit.
“Hallo Lilly,” sê hy al het hy die So… van my regte naam gehoor. “Kan ek jou stick vir ‘n ontbyt?”
Ek huil amper weer oor hy so nice is, maar sluk die knop in my keel terug. Ek begin verstaan dat nice nie altyd nice is nie, maar partykeer net so lyk. Maar ek sê ja dankie, dit is gaaf van jou en asseblief en glimlag vir hom so goed as wat ek kan, want ek weet huil gaan my nie in die Kaap kry nie en ek is honger.
Terwyl ons eet vra ek vir hom waarom hy so vroeg rondry op soek na koffie. Hy verduidelik dat hy van Suid-Afrika af is – ‘n plek met die naam Midrand. Hy sê hy is hier om saam met ‘n toergeselskap deur die woestyn te ry van Walvis na Luderitz toe. Almal ontmoet mekaar vir die eerste keer oor so drie ure in Walvisbaai. Dit klink baie duur, want hy sê daar is drie etes ingesluit en al wat mens moet bring is jou eie bakkie en kampgoed. Dit klink soos iets wat baie gelukkige en ryk mense kan doen. Wanneer ek dit vir hom sê sê hy ja hy weet hy is gelukkig, maar hy is ook bietjie ongelukkig. Eers lyk dit asof hy nie verder gaan verduidelik nie, maar dan vertel hy skielik alles. Hy en sy verloofde sou saam op die toer gegaan het, maar sy het ‘n week gelede uit die bloute sy ring teruggegee. So hy is gelukkig dat hy hier kan wees, maar soos dit nou uitgewerk het, hoop hy dit sal hom help om sy ongelukkigheid vir ‘n rukkie te vergeet.
Hy lyk so hartseer. Ek kan nie glo iemand kan so ‘n vriendelike en aantreklike ou los nie. Ek wil my hand op syne sit, maar doen dit nie. Ek tel liewer my koppie koffie op en vat ‘n sluk. Ons is vir ‘n rukkie stil.
“Hoekom het jy gehuil?” vra hy dan.
Ek wil nie vir hom vertel nie. Ek wil nie sien hoe sy vriendelike oë verander soos al die ander mans s’n verander het nie. Maar ek weet nie wat anders om hom te vertel nie. En hy het my nou-net van sy verloofde vertel en vir my ontbyt bestel.
So ek vertel hom net ‘n bietjie. Ek vertel hom van oom Kobus vir wie ek gewerk het en waar ek vandaan kom en waarheen ek gaan. Wanneer ek hom vertel ek wil ‘n model word in die Kaap glimlag hy en knik sy kop. Maar ek kan sien hy weet dit is nog nie die hele storie nie. Ek wil nie hom vertel nie, maar hy wag en ek sluk weer aan die knop in my keel en dan kyk ek in sy oë wanneer ek verduidelik hoe ek in die Kaap gaan kom en ek sien hoe dit verander al weet hy nie eens dit verander nie en ek wonder weer of alle hoere altyd bietjie hartseer voel soos ek.
Gideon sê niks na ek hom my plan vertel het nie. Gelukkig vir hom en my bring die waiter op daardie oomblik die strokie. Hy betaal vir ons ontbyt. Dan trek hy my stoel vir my uit asof hy nog steeds speel ek is ordentlik.
Ons loop in die helder son uit. Teen hierdie tyd kan ek darem vir hom glimlag wanneer ek dankie sê vir die ontbyt. Hy knik net. Ek staan op my tone om hom ‘n piksoentjie op sy wang te gee en dan loop ek vinnig weg. Hy keer my nie. Ek moet wegkom van sy stilbly af. Wegkom van sy goedheid. Ek loop sommer enige rigting. Ek loop langs die strand af – my kop is deurmekaar en vol gevoelens en ek moet dit skoon kry, want ek moet dink wat om volgende te doen.
Gideon wag vir my by die jetty. Hy moes daarheen gery het na hy gesien het watter kant toe ek loop. As hy maar net kan weet hoe naby sy eerste woorde aan al die ander mans se woorde is: “Ek het vir jou ‘n aanbod.”
Ek kyk net vir hom.
“Zelda se plek op die toer is betaal. Ek het niemand laat weet dat sy nie meer saam kom nie. Niemand ken ons nie – almal ontmoet mekaar eers nou-nou vir die eerste keer. Kom saam met my in haar plek.”
Ek frons, want sy woorde maak nie sin nie. Hoe gaan ‘n toer deur die woestyn my in die Kaap kry?
Hy verduidelik: “Die toer is vier nagte tot by Luderitz van waar ek Keetmanshoop toe gaan. Ek het familie daar op ‘n plaas waar ek nog so ‘n week gaan kuier. Maar ek sal jou tot op die grens vat. Daar is tog seker heelwat … mense op die grens wat jou ‘n geleentheid verder sal kan gee?”
Hy is so ‘sweet” al is sy oë nou op my bors meer as op my gesig. Hy kyk amper smekend na my – en ek weet dit is nie net oor my boobs nie, maar ook sodat hy nie alleen op die toer hoef te wees nie.
Daardie grenspos is baie suid – al ver op pad Kaap toe. En dalk sal dit lekker wees om te voel hoe die ryk mense leef. Dis nie asof iemand my op ‘n vasgestelde tyd in die Kaap verwag nie.
“Jy sal seker met my wil seks hê, ne?”
Ek weet my vraag is onregverdig en bietjie gemeen, maar ek kan nie help nie, dis oor sy oë verander het. Hy lyk ongemaklik en kyk eers see se kant toe, maar dan kyk hy reguit in my oë wanneer hy antwoord: “Ja.”
Ek dink aan die baie kilometers en dat hy eintlik vriendelik is en aan my plan. Ek sal stupid wees om nie dit te doen nie.
Ek sluk weer my hartseer af en glimlag so mooi soos ek kan. Ek hou my hand na hom toe uit en sê: “Hallo Gideon, ek is Zelda.”
***
Daar is omtrent tien voertuie in die toergeselskap en al die grootmense is ouer as ek en Gideon. Daar is selfs twee gesinne met jongerige kinders. Gideon stel my voor as sy verloofde en almal glimlag vriendelik al kyk so paar van die vroue skeef na my kort kortbroek. Gideon sê ek verbeel my of hulle is net jaloers om my mooi bene en ek glo hom omdat ek wil. Die toer is net vier dae lank – ek sal more my nuwe rokkie dra en van my tops afwissel en dalk sal hulle nie agterkom ek dra dieselfde klere oor en oor nie.
Vir vier nagte verdwyn ek, Sonja of Lilly, van die aarde af.
Gideon sê ek help hom om oor sy seer te kom terwyl hy my help met my kilometers Kaap toe. Hy druk my die eerste middag teen die bakkie se agterkant vas en gly sy hand onder my hemp in wanneer ons stop vir ete. Ek is bang die ander mense sal sien, maar hy sê hulle is almal by die kostafel besig. Hy dop my een bors uit my bra en lig my hemp op sodat hy dit kan sien.
“Jirre, jy het beautiful tepels,” sê hy terwyl hy dit saggies rol. “So groot en lewendig onder my vingers.”
Sy hand op my bors voel anders as die ander mans tot nou toe. Dit laat elektrisiteit deur my tepel skiet wat ek nog nie gevoel het nie. Dan soen hy my en ek soen hom terug op die manier waarop ek net ‘n paar daar gelede deur oom Kobus geleer is en skielik besef ek hoe soen eintlik kan wees. Ek wil verdrink in sy warm mond terwyl ‘n hitte deur my lyf afskiet en my bene lam maak.
Iemand roep na Gideon van die ander kant van die bakkie af. Hy kyk op en trek my hemp vinnig af – my bors steeds uit my bra.
“Ek kan nie wag vir vanaand nie,” sê hy voor hy wegloop.
Die eerste aand is dit nog vroeg wanneer hy vir die ander vertel ons gaan maar inkruip na die lang dag. Wanneer ons wegloop lag een van die mans vir iets wat ‘n ander ene sê. Deel van die vrolikheid om die vuur. Gideon het ons tent so entjie van die ander af opgeslaan en ook die bakkie tussen die tent en die kuierplek ingetrek. Die tent is klein, maar die matras is ‘n stewige sponsmatras. Daar is net plek vir een-een persoon om op ‘n slag te kan regop staan. Gideon trek uit terwyl ek nog in die deur staan en dan gaan lê hy op sy sy op die matras. Sy lyf is mooi en as ek na sy voël kyk wat skuins oor sy been hang voel dit vir die eerste keer nie of ek betaal vir iets nie.
“Zip eers toe die tent,” sê hy.
Ek zip die tent toe en draai om. Hy het my rugsak vir my in die tent gesit.
Hy strek en draai die lig van die batterylamp dowwer. Dit lyk romanties.
Ek trek uit. Eers my hemp, dan my bra, dan my short en dan my broekie. Heel laaste buk ek om my sneakers uit te trek.
“Draai om terwyl jy daardie doen,” sê Gideon.
Ek draai om en buk met my boude na sy kant toe terwyl ek my veters losryg en my sneakers uittrek. Dan draai ek weer terug. Ek kry skaam vir die manier waarop hy na my kyk. Ek wil toehou asof ek ‘n goeie meisie is, maar onthou net vanoggend was daar nog ‘n voël in my holletjie. Ek is nie meer ‘n goeie meisie nie, maar miskien eendag kan ek weer ene word. Ek staan net so met my hande langs my sye tot hy uiteindelik op die matras langs hom klop met sy hand.
Hy laat my op my rug langs hom lê en soen my weer diep. Dit voel asof ek smelt. Sy hande op my lyf maak my mal. Dit steek my aan die brand soos gebeur in daardie boeke wat ek stilletjies gelees het terwyl ek eintlik moes leer. Ek voel hoe my eie asem begin jaag soos net die mans s’n tot nou toe gejaag het en ek kreun wanneer sy mond na my borste af beweeg en dan af oor my maag en tot tussen my bene. Ek kyk af na hom in die dowwe lig, sy kop donker tussen my wit bene. Dit voel soos hemel en dan vloei daardie hemel soos stroop deur my hele lyf en kreun ek sy naam uit.
“Gideon.”
Hy glimlag wanneer hy weer oor my skuif boontoe. Sy piel gly maklik in my nat poesie in en dis so lekker ek kreun weer en hy soen my so bo-oor my kreun. Ek val weer in daardie stoop in terwyl hy nog in my is en ek hoor hoe hy sy asem inhou wanneer hy kom en net saggies steun en dit is so ‘n mooi geluid. Ek kom nog ‘n keer wanneer hy langs my lê en met sy vinger oor my klit streel en ek is seker die sterre by die Namib is besig om reg deur die tent se dak te skitter.
“Multiple orgasms,” mompel hy. “Dit help seker op die journey.”
Ek verstaan nie wat hy bedoel nie, maar wanneer ek wil vra is sy tong weer in my mond en gee ek nie meer om nie.
Ons raak in mekaar se arms aan die slaap, sweterig en taai en ek voel gelukkiger as wat ek nog ooit in my lewe gevoel het.
***
Die toer is wonderlik. Om in die woestyn te kan wees, die duine, die sterrehemel, die geskiedenis. Ek weet dat hierdie vreemde geleentheid vir my ‘n geskenk is wat ek nie verdien nie. Gideon is ook ‘n geskenk. Ek verdrink nog in die lekker wat hy, toe ons vanoggend wakker geword het, weer aan my gedoen het. Hy is so aantreklik. Ek kan nie my oë van hom afhou wanneer hy tussen die ander mans staan en gesels nie. Ek speel ek is Zelda wat uit ‘n ryk huis kom met ouers wat vir haar lief is en maak asof ek nie kan wag om met Gideon te trou nie. Ek dink aan gisteraand toe hy die hemel in ons tent ingebring het vir my en droom dat hy my miskien eendag op my eie naam sal noem en net miskien … wie weet … miskien hoef ek nie meer Kaap toe te gaan nie.
Ons stop die tweede dag langs die see vir middagete. Gideon leun eers oor om my te soen voor ek uit die kar klim en my hart wil nie meer homself gedra nie.
“Kom saam met my terwyl hulle die kos regmaak,” sê hy. “Ons stap bietjie rotse toe.”
Golwe spat oor die rotse wat al eeue lank gewoond is aan die aanslag. Ek is nie gewoond aan Gideon se aanslag nie. Ek het regtig gedink dit gebeur net in daai boekies. Wanneer ons privaat genoeg is sê hy hy wil my in die lig sien. Ek is vir hom so mooi. Hy laat my op ‘n rots sit en lig my groen rokkie op terwyl hy voor my kniel. Hy trek my broekie eenkant toe en kyk vir my poesie waarop die son nou val en ek voel of ek smelt. Hy druk ‘n vinger in my poesie en draai-draai dit so binne my en dan druk-druk hy diep teen die rand van my poesie.
“Kom weer vir my,” sê hy, maar hy hoef nie te vra nie, want my kop val agteroor en my heupe ruk en ek weet ek is lief vir hom.
Wanneer hy my naai kyk hy diep in my oë en ek dink ek sien liefde terug.
Ons loop terug na die karre toe en ek sien die kos is amper klaar op die tafels uitgepak. Een van die mans roep vir Gideon en ek gaan staan by die vroue, maar niemand van hulle het nog eintlik met my gepraat nie so ek staan maar net so naby hulle. My groen rokkie is darem bietjie beter as my short al het daardie oom gesê dit het aan sy slet-vroue behoort. Ek kyk maar hoe die golwe die sand skoonvee en dink aan hoe dit wat ek die vorige paar dae gedoen het ook skoongevee kan word.
Gideon en die man wat met hom wou praat het so ‘n ent eenkant to gestap, maar hulle kom nou terug om te eet. Gideon lyk kwaad of ontsteld of iets, maar ek weet dit is nie my plek om te vra wat aangaan nie. Ons eet almal vinnig klaar en dan is ons weer op pad.
Hy is die hele pad tot by die aand se kampplek baie stil, so ek kyk maar by die venster uit en hoop dat hy ok sal wees.
***
“Bly maar eerder meer by die kar en die tent,” sê hy wanneer ons stop. “Ek sal jou kom roep as die aandete reg is – of dit vir jou bring. Van die vroue … veral die met kinders … verkies dit so. Jy kan kyk in die sak op die agtersitplek is boeke – as jy iets … wil lees of so.”
Dit maak seer, al verstaan ek dit. Dit is altyd die vroue, eintlik al vandat ek begin grootword het. Ek dink dis dalk my lang hare, of my oë, ek weet nie – dis iets aan my gesig wat hulle nie van hou nie. Maar dis ok. Ek gee nie om wat ander dink nie, net Gideon.”
Vanaand slaan hy die tent nie so ver van die kuierplek af nie en hy parkeer die bakkie aan die agterkant. Dit is baie laat eers wanneer hy uiteindelik tent toe kom. Die stemme van die vroue en kinders het al lankal in hulle tente in verdwyn en stil geword. Net so ‘n paar mans lag nog by die vuur.
Ek hoor hoe Gideon hulle groet en hulle lag nog vir oulaas oor iets saam. Ek wag vir hom voor die tent waar ek op ‘n kampstoel gesit en lees het.
“Ek sal jou roep wanneer ek reg is,” sê hy amper kortaf. Hy is seker moeg of dalk bietjie dronk.
Vanaand stel hy die lig in die tent skerper. Die sagte romantiese lig is weg. Ek bloos – ek dink hy wil seker my weer sien soos by die rotse in helder lig. Wanneer hy my inroep sien ek die lig staan teen die agterkant van die tent op die grond. Gideon lê reeds in die bed en wag.
Ek maak die tent toe soos die vorige aand en trek weer uit. Die lig skyn vol op my lyf. My rok oor my kop, my bra, my broekie. Ek is reeds kaalvoet omdat ek met my voete in die sand wou sit.
“Vryf oor jou tiete,” sê hy.
Ek weet hy gaan my weer heuning maak so ek luister na hom, want ek wil vir hom plesier gee.
Ek vryf oor my borste en my tepels word styf.
“Trek jou tepels en lig jou borste op, kyk of jy hulle sal kan lek.”
Hierdie is sexy, hy leer my sexy voel en vir hom sexy wees. Ek doen soos hy vra en sien sy oë is op my borste.
“Maak oop jou bene. Buk vorentoe dis mooi as jou tiete so hang. Vryf bietjie tussen jou bene. Ek wil sien.”
Elke beweging doen ek vir hom en ek sien hoe sy piel styf word en ek wil in sy arms wees.
Uiteindelik skuif hy kant toe en ek is teen sy mooi lyf, maar sê hy wil my anders hê en rol my op my maag.
“Lig jou boude, Zelda.”
Hy noem my Zelda … vir die eerste keer.
Ek lig my boude en my lyf boog agteruit voor hom. Hy is regop, sy vingers druk in my heupe in en wanneer hy sy piel indruk in my opgewonde poesie kreun hy baie harder as gisteraand. Ek voel hoe my lus weer opbou en weet dis oor hom en sy mooi piel in my, maar hy stamp en jaag en skreekreun wanneer hy in my kom voor ek by die lekker uitkom..
Hy trek uit – ek voel hoe die nat teen my been afloop. Hy draai sy rug op my terwyl ek nog so boude in die lug staan. En hy slaap.
Ek dink hy is dalk kwaad vir my. Iets wat ek verkeerd gedoen het by die ete vanmiddag? Dalk oor die ander vroue? Ek sit my hand saggies op sy warm rug en wag dat alles weer beter moet word.
***
Ek is seker die ander mense dink ons is verlief. Hulle kyk op wanneer ons in die oggend by hulle aansluit – so asof hulle in ons happiness deel. Van die mans knipoog vir Gideon, tergend, soos vriend met mekaar maak. Gideon het my weer vanoggend so van agter af geseks – hy sê hy hou daarvan so. Maar ek hou nie so baie van daardie manier nie, want sy lyf raak amper net deur sy piel aan my, so regop op sy knieë en hy soen my nie dan nie en sy hande speel nie meer met my borste nie.
Gideon naai my baie meer as wat ek gedink het ons sou, maar ek gee nie om nie. Ek begeer dit. Maar dit is nou anders as daardie eerste dag. Dink ek. Ek weet nie. Hy het heeltemal opgehou om my te soen. Hy het opgehou vat aan my. Hy vat net aan my poesie se binnekant met sy piel. Miskien probeer hy veg teen dieselfde gevoel wat ek vir hom het? Miskien wil hy nie so gou van Zelda vergeet nie?
Wanneer ons ‘n spookdorpie in die woestyn besoek, vat hy my in ‘n eenkant bouval-kamer in en druk my op my knieë op die vloer plat. Vooroor op my hande. Hy trek my short saam met my kleinbroekie af en sy broek is net los sodat sy piel kan uitkom en dan naai hy my nog voor ek reg is. Wanneer hy klaar is sê hy ek moet eers so bly staan, hy wil na my kyk en ek dink amper dit is soos daardie dag op die rotse, maar dit is nie. Hy raak nie aan my nie en ‘n rukkie later sê hy ek kan my broek maar optrek en ek moet kom, die mense wag seker al.
Een aand kom hy van die vuur af terwyl ek sit en lees. Baie van die ander mense is nog wakker. Hy trek my na die agterkant van die kar toe net buite die ligkring. Daar sê hy vir my om aan die bokant van die bakkie se wiel vas te hou. Hy skuif my rokkie oor my kop en trek my broeke uit. Dan skuif hy my bene uitmekaar, sy vingers raak net ‘n oomblik aan my lyf om my poesie oop te rek, maar voor hy verder kan gaan hoor ons iets.
“O, sorry!” sê ‘n manstem wat glad nie sorry klink nie reg agter my. “Gideon, jou vleis gaan brand.”
“Ek kom!” sê Gideon en hulle lag. En ek trek my broekie op en hoop dit was donker genoeg in die skaduwee van die kar dat die ander man nie iets kon sien nie.
“Ek bring amper jou kos, Zelda,” sê Gideon en dan is hulle weg.
Maar
Ek ruik sy asem terwyl hy slaap en hoor sy stem wanneer hy met die ander mense gesels. Ek sien die plooitjies langs sy oë en voel die hitte van sy lyf langs my op die matras in die nag. Ek luister na sy hartklop voor hy wakker word en weet ek het nog nooit so oor ‘n ou gevoel nie. Ek wens ten spyte van sy al vreemder gedrag dat hierdie vir ewig kon aanhou.
Maar natuurlik sal dit nie.
Dit is die laaste oggend wat ek langs hom wakker word. Later vanoggend gaan ons by Luderitz aankom en dan gaan hy my deurvat grens toe. Dis so 200 km verby waar hy by sy familie gaan kuier. Ek kan hoor hoe die ander mense in die kamp begin roer, maar weet daar is nog tyd.
Ek kyk na Gideon terwyl hy slaap. Hierdie sal my laaste kyk wees. Ek wens hy wil my net een keer op my naam noem. Ek wens hy wil net een keer weer in my oë kyk soos daardie eerste aand, my weer hemel toe vat in sy arms. Ek wens ek wens ek kan weet wat so skielik verkeerd geloop het.
Hy word sag wakker. Sy oë is oop voordat ek besef dit is.
“Wat kyk jy”” vra hy, nie onvriendelik nie.
Sy mond is so naby, so mooi. Ek buk vorentoe en sit myne saggies op syne. Maak my mond effens oop.
Sy reaksie is onmiddellik. Hy rol my amper hardhandig op my maag en skuif sy lyf oor my. Hy lig nie eens my boude ordentlik voor hy sy oggend styfheid in my inbeur nie. Sy bene druk myne oper al maak ek dit vir hom gewillig oop. Hy dring my vinnig en hard binne. Dit maak bietjie seer. Sy lyf lê swaar op my en voel of dit my asem uitdruk. Hy kreun hard. Harder as gewoonlik – en die mense is al wakker. Ek moes hom nie gesoen het nie. Hy bereik sy orgasme met ‘n uitroep na Zelda, maar dis nie ‘n naam nie – dis ‘n emosie. Een waarin pyn is en ek weet die pyn is oor Zelda. Maar daar is ook ‘n ander emosie – een van spyt – en ek weet die spyt is oor my.
Ek wil nie uit die tent kom wanneer ek klaar aangetrek is nie, maar ek weet ek moet. Niemand kyk in my rigting nie, wat dit erger maak. Wanneer almal opgepak het kom ons vir die laaste keer bymekaar. Die vroue omhels mekaar, maar kry dit reg om my nie te groet nie. Die mans klap vir Gideon op die rug. Ek gaan wag eerder in die kar voor hulle my ook nie groet nie.
Dit is ‘n uur se ry voor ons uit die woestyn is. Gideon sê nie ‘n woord nie. My hart breek as ek na sy hande kyk wat die stuurwiel klem. Die konvooi spat uit mekaar wanneer ons uiteindelik uit die woestyn in die hoofpad indraai. Sommige draai Luderitz se kant toe, ons draai Keetmanshoop toe. Daar is nog een kar wat ook ons kant toe draai. Dit is een van die ouens wat vir die toergroep werk.
Steeds die stilte. Daar is nog drie se rytyd voor ons.
“Gideon?”
“Ek wil nie praat nie, ek het ‘n fout gemaak.”
“Het ek iets verkeerd gedoen? Daardie eerste aand en die middag op die strand …”
“Nee, dis my fout.”
“Wat was jou fout?”
“Ek het gedink ek sou kon vergeet … wat jy is, maar ek kon nie, want … ander mense vergeet nie. Mense kyk na jou en sien dit.”
“Sien wat?”
“Dat jy jou lyf verkoop. Wat jy is. Sorry … jy het gevra.”
“Wat bedoel jy mense sien? Wie sien?”
“Almal.”
“Almal op die toer?”
“Wel, baie. Veral die mans, maar van die vroue ook.”
Ek voel of ek gaan doodgaan op die sitplek langs hom. Ek wil.
“Hoe .. hoe weet jy hulle het geweet?”
“Eers aan hoe hulle na jou kyk. Dis anders as hoe mans na Zelda gekyk het en sy was ook mooi. En toe het van die mans … wel, daai dag op die strand … het hy gevra en hulle het eintlik geweet … Ek het my dood geskaam.”
Dit voel asof hy my wind met sy woorde uitslaan. Die pyn wat deur my skiet is iets wat ek nog nie ervaar het nie. Hoe kan emosies so fisies wees?
“Die toerleier – hulle wou jou terugvat Walvis toe, want van die vroue en kinders en so … dis ‘n familie-ding eintlik. Maar toe sê die mans hulle sal hulle vroue beheer, maar hulle wou ook jou … en hulle wou sien hoe ons …”
Ek sit my hande oor my gesig. Ek wil nie verder hoor nie. Maar dis asof hy nie homself kan stilmaak nie:
“As die toer langer was …”
Ek weet nie wat om hom te antwoord nie en het in elk geval nie asem om dit mee te doen nie. Hy praat nie weer met my nie. Wanneer hy praat is ons al deur Keetmanshoop en amper in Grunau.
“Ek gaan jou nie al die pad grens toe vat nie. Ek weet ek het belowe, maar ek kan nie, wil nie meer nie.”
Hy kyk nie eens na my kant toe nie.
Hy trek langs die pad af. Die bakkie agter ons trek ook af.
Grootpiet het gesê hy sal jou grens toe vat van hier af. Dit is net onder 200 km verder. Julle sal na donker daar aankom. Ek het hom betaal om jou te vat, so jy hoef nie vir hom te … betaal nie.
Ek wil iets sê – iets soos dankie of fok jou of ek is lief vir jou. Want al drie is waar. Maar al drie is sinneloos.
Hy bly net so sit met sy hande op die stuurwiel. Ek klim uit, vat my rugsak en loop na die bakkie wat vir my staan en wag. Wanneer ek inklim kan ek sien dat Grootpiet ook die ander kyk het. Hulle het dit almal waarskynlik gehad. Ek was net te verblind om dit raak te sien. Voor my trek Gideon in ‘n stofwolk weg.
7 COMMENTS
Meesterlik geskryf!!Hou aan om episodes te plaas dis mooi en lekker!!
jirre Annelise.
Lilly en haar strorie is ‘n fantasie van formaat! Ek geniet dit terdeë en sien gewelding uit na wat ‘ons’ Lilly nog gaan beleef.
Jy vertel die storie asof jy saam met haar die pyn en vernedering ervaar. Uitstekend..
Goeie storie. Vat aan nou se hart. Hoop finale kom binnekort
Hoekom hoop jy die finale kom binnekort? Is jy moeg vir die storie? 😉
Hi nee Annelise soos ek genoem het, die storie vat aan n ou se hart. Hoop net nie sy gaan in strate van Parow beland met n Nigerieer as n pimp.
Of sy word deel van statistiek van mensehandel of HIV sterkte.
My wens vir haar is gelukkige einde.
Miskien tel Voetspore span haar op Dan toer sy saam en sy en Norbit of Stracher het gelukkige lewe.
🙂 Ek terg net so bietjie. Lilly gaan ongelukkig nog nie in die volgende episode haar reis klaar maak nie. 😉
Ek dink nou daaraan – miskien moet ek 2 eindes skryf … Een vir Kombiekiehier en een vir Vreesloos. Wie sal twee eindes wil hê?