Die Plekkie Daarbo (2)
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Adrí trek haar kop weg van die staande man se wang en rus dan met haar klam voorkop teen sy natgeswete een. Haar twee hande skuif op van sy skouers en haar lang lenige vingers speel met die kort haartjies agter in sy nek.
Albei se oë is toe in die stuiptrekking van hul pas afgelope, vurige liefdespel.
Altus se hande is om haar middellyf soos hy haar nog steeds steun om op hom te bly met haar bene omgeslaan om sy liggaam net bokant sy boude. Hy voel hoe sy penis ‘n laaste sametrekking gee en begin verkrimp.
Adrí voel dit ook en laat sak haar bene, onwillekeurig, om op haar voete te staan, haar onderlyf nog steeds styf teen syne.
Altus het intussen haar gesig in albei sy hande gekommetjie en na ‘n dartelende twee aanrakings van sy lippe met hare, neem hy haar mond weer ten volle in syne. Hul tonge harmoniseer soos hulle mekaar se binnemonde verken – stadig, asof ‘n lofdans vir die pas voltooide passiespele.
Sy tree terug terwyl hul lippe nog ‘n fraksie aan mekaar klou, plaas haar hande op sy skouers en kyk op in sy gesig. Hul oë spreek tot mekaar met genoegdoening – sê dankie, wys passie, vra vrae.
“Ek dink ons moet eers bietjie stort. Wat sê jy … of is jy haastig êrens heen?”
“Nee, glad nie.” Hy buk en trek weer sy onderbroek aan. “Gaan jy solank; ek moet net eers weer bietjie tot verhaal kom.” Hy gee ‘n intieme laggie wat boekdele spreek.
Sy kom staan weer teen hom en streel sy voël deur die onderbroek met haar een hand. Die ander hand raak liggies aan sy wang. “Was dit darem vir jou lekker?”
“Unreal!” lag hy terug. “Soos Chris so pas gesing het: ♪you’re a special lady tonight♪” neurie hy. Het ek darem die mas opgekom vir jou?”
Adrí gee sy voël, wat al weer tot ‘n semi gegroei het met haar sensuele vryf daarvan, ‘n harde drukkie en swaai om dat die koperbruin hare so swaai as sy wegstap. Hy sien die spiertjies beweeg in haar pragtige ferm boude.
“90 persent, ek het nog nie klaar besluit nie,” gooi sy oor haar skouer voor sy in haar kamer in verdwyn.
Hy vryf oor sy halfmas stywe voël in sy onderbroek met die een hand en met die ander hand streel hy deur sy kuif terwyl hy na die skuifglasdeur toe stap wat uitkyk oor die stad. Daar is ‘n balkonnetjie-reling binne so ‘n paar meter daar buite maar dit het nie sywande nie en wanneer hy die deur oopsluit en begin oopskuif hoor hy die stort en Adrí wat weer “Lady in Red” neurie.
Die wolklose lug is nou al verby skemer en die maan blink helder daarbo met die honderde liggies van die stad wat terugflikker na die sterre van daar ver onder.
Hy leun met sy hande op die reling en merk ‘n hysplatform. Dis enkele meters van waar hy staan en is opgetrek tot by die hystoestel wat geanker is aan die dak-oppervlak van die veelverdieping-gebou. Dit wieg liggies. Dis seker vir die ouens wat altyd die gebou se vensters van elke vloer, van bo tot onder, so waaghalsig moet was, dink hy by homself.
Altus voel skielik ‘n plathandhou op sy agterstewe en wip orent.
“Njammies, dis hoe ek van ‘n man se boudjies hou,” weerklink Adrí se stem agter hom. “Staan doodstil, as Mohammed nie na die berg toe wil gaan nie, kom die berg na hom toe!”
‘n Sagte materiaalband skuif skielik oor sy oë dat hy niks kan sien nie en hy hoor hoe sy dit agter sy hoof vas-Velcro. Sy draai sy lyf om met altwee hande sodat hy met sy rug na die reling staan. ”Hier’s ‘n verrassinkie” en sy streel met haar vingernaels deur sy borshare.
Sy liggaam ruk as hy skielik ‘n nat spons met warm water en ‘n heerlike geur van suurlemoen op sy skouers voel. Sy vee sy hele gesig en nek af en dan soen sy hom met lippe wat na soet aarbei smaak.
Dan begin sy hom van kop tot tone afspons. Die geblinddoekte Altus ervaar nuwe sensuele prikkelings deur sy lyf van iets wat nog nooit vantevore met hom gebeur het nie. Sy slaan sy onderbroek oor en was eers sy bene en enkels. Dan rol sy die onderbroek vinnig af en omhul sy eiers met die warmseep-spons. Sy voël begin onmiddellik verdik en groei en sy help intussen met die ander hand dat hy heeltemal uit sy onderbroek klim.
Sy begin sy penis was met die spons en skuif die voorhuid af dat sy daar ook kan bykom. Dis vir Altus elektries-lekker en hy het gegroei tot sy volle glorie wanneer hy sy hande so voel-voel oor hare sit en met die spons homself begin masturbeer. Adrí druk egter nou sy hande weg en trek sy voorvel weer terug na normaal oor die enorme akker van sy penis. “Van nou af is daai aksie my voorreg, lief.”
Hy voel ‘n sagte handdoek wat van sy kuite af hom vinnig en warm droog vryf tot bo by sy nek. Sy liggaam voel asof dit gloei … en dan is die uitdagende asem weer by sy mond: ” … Nou bietjie poeding tot ek myne kry,” fluister Adrí.
Adrí soen hom in sy nek en sak dan rakelings met haar lippe af oor sy skouers tot by sy borsspiere, waar sy elke tepel vinnig ‘n bytjie gee. Altus gryp haar aan haar skouers van lekkerkry. Sy fluister met haar lippe oor sy maag en gee sy naeltjie ‘n lek. Wanneer haar duime meteens in sy lieste saggies inboor en hom liefkoos, voel hy haar tongtippie wat sy skag op en af lek. Fok, lekker kan nie beter as dit wees nie, flits dit deur Altus se brein.
Hy voel hoe haar een hand nou om sy balsak vou terwyl die ander hand met die duim onder en die ander vier vingers bo, sy genotstok omring en die voorhuid afskuif. Sy vingers grawe dieper in haar skouers.
Wanneer die punt van haar tong sy glans kielie dat dit begin blink van die pre-kom wat begin opbou, kreun hy hoorbaar. “Bliksem,” sê hy saggies. Dan gly haar volmaakte mond oor sy voël en die nat sensualiteit daarvan jaag sy koerasie so op dat hy hortend asemhaal. “Stadig asseblief … e-ek wil nie nou al kom nie.” Dit voel of haar mond, soos ‘n chirurg se handskoen aan sy hand, vaskleef aan sy voël en polse van plesier in sy skag instuur as sy daaraan begin suig.
“Nou goed dan, ons volg dit later op,” antwoord sy saggies met ‘n slurp soos sy haar mond uittrek met ‘n skalkse, intieme laggie. “Volg my, nou kom jou groot toets.”
Altus voel hoe sy hom met sy voël in haar hand lei dat hy agterna moet stap. Hy voel die koel dakstoep onder sy voetsole vir net ‘n paar meter en dan sê sy: “Trap nou een tree versigtig na links en dan haal ek die blinddoek af.” Hy gee die tree en voel nou koue rubber onder sy voete en dis asof die vloer nou beweeg!
Haar hande vat syne vas en sy sê: “Hou eers hier vas.” Sy hande vou om ‘n koue staalpyp en die beweging onder sy voete laat hom vasklou.
“Wat maak jy vroumens?” vra hy.
Sy verwyder die blinddoek en hy knip sy oë ‘n paar keer soos hy probeer fokus. Hy hoor haar hard en vinnig asemhaal. Dan is sy sig skielik normaal en hy sien haar borste met klipharde, robynrooi albastertepels voor hom. Hy hoor ‘n sagte bromgeluid en die vloer wat weer beweeg en hy kyk vinnig op. Hulle staan op die skoonmakersplatform. Sy sit die afstandsbeheer op die grond neer waarmee sy so pas die platform van die dakrand laat wegbeweeg het. Die platform wieg so effens.
Adrí bly gebukkend staan maar draai nou haar boude na hom. Sy hou vas aan die reling by haar met die regterhand en loer oor haar ander skouer na hom. Haar linkerarm verdwyn onder haar liggaam in. Haar boude is oopgesper voor hom en haar hand verskyn en hou haar vulva met twee vingers oopgevlek.
“Naai my nou met daai groot trul van jou.” Die duiselingwekkende donker diepte onder hulle en die leë angswekkende lug om hulle verander skielik Altus se aanvanklike skrik na seksgedrewe adrenalien-lus met die gapende, mooi poes wat nat blink, hier voor hom.
Altus gryp sy kloppende voël en met een druk stoot hy dit so diep as wat hy kan in haar in. Haar gil eggo in die stilte en die platform skommel. Maar dis asof dit die sneller vir hulle is om hul seks-aksie te begin.
Hy stoot met sy voël al hoe vinniger – in en uit, in en uit – en verstewig sy houvas op die reling agter hom. Sy het intussen die reling bokant haar ook met albei hande vasgegryp. Die platform swaai nou gevaarliker soos hul pas versnel.
Wanneer sy weereens klimaks, gil sy Altus se naam dat dit vibreer in die donker leë ruimte om hulle. Dit snellerruk hom om ook sy saad in strome binne haar te skiet. Sy brul weergalm ook en hul liggame hou aan stamp, in mekaar en teen mekaar, met hul gesamentlike orgasme. Die platform swaai soos ‘n pendulum wat op sy uiterste gekalibreer is.
5 COMMENTS
Pragtig my ou vriend
Knap gedaan. Daai lus en hoogtevrees gemeng is iets wat ek ook al beleef het. Goed geskryf
Dankie Ramkat, ek stem saam dis ‘n ge-elektrifiseerde ervaring wat jou lank daarna, nog bybly.
(glimlag)…hierdie twee se dinge dreig nou al hoe meer in ‘n “Fifty shades of…” rigting, maar ek is ooglopend nog nie bekwaam tot daardie hoogtes van erotiek-skrywe nie.
Dankie mydream, sulke terugvoer aktiveer meer insae om nog meer te skryf!
Ai daar is niks lekkerder as om so geterg te word nie. Dit aktiveer all jou gewaarwordinge en maak die spel soveel meer eroties. Pragtig… ek sien hier kom nog meer hiervan. Adri is vuurwarm en n man se droom. Dankie Wille Will