
Die Ooreenkoms
deur Ramkat Erasmus
Sy stoot hom effe weg en draai haar gesig na die weggesteekte kamera toe. Sy stut haar bolyf op haar elmboë en staan op haar kniëe met haar boudjies in die lug. Sy kyk na die kamera en glimlag.
Hy buk agter haar en trek haar boudjies oop. Dan begin hy haar rosyntjies lek en soen. Sy wonder of hy haar anaal gaan probeer penetreer. Sy hoop nie so nie, want sy is nie baie mal daaroor nie, maar dit is een van die dinge wat sy nog nie verfilm het nie.
Die sensasies van agter af bou in intensiteit. Dan voel sy hoe hy een van sy vingers in haar nat poesie laat ingly. Hy begin haar saggies vryf met een vinger in haar en ‘n ander een op haar plesierknoppie. Sy tong hou nie op beweeg nie en die kombinasie van anale stimulasie saam met sy vinger in haar poesie en sy duim op haar klit begin haar algaande nader aan orgasme beweeg.
“Ek gaan kom. Moenie ophou nie! Ek gaan kom!” skree sy amper. Hy beweeg vinniger en harder agter haar en dan voel sy die damwal breek. Haar heupe ruk, haar bene bewe en sy kreun diep in haar keel. Dan val sy vorentoe. Sy voel die bed beweeg as hy opklim en dan tel hy haar aan haar heupies op. Sy voel hoe sy pielkop haar opening besnuif en dan druk hy stadig in haar poesie in.
“Kondoom! Kondoom! Het jy ‘n kondoom aan?”
“Ja,” sê hy. “Natuurlik!”
Sy voel-voel met haar hand tussen haar bene, kry eers sy knaters in die hande en die onderkant van sy voël. Sy voel die rubberriffie van die kondoom en ontspan. Sy rus haar gewig weer op haar elmboë en laat haar kop sak. Sy begin kreun elke keer as hy in haar instamp. Dan tel sy haar gesig op en glimlag vir die kamera. Agter haar beweeg hy nou al harder en stamp al dieper in haar in. Sy voel vol. En sy kan die orgasme weereens voel bou.
***
Toe hulle by die voordeur instap het hy nie gewag nie. Hy’t haar teen die muus vasgedryf en sy hand tussen haar bene ingedruk. Hy’t haar poesie deur haar snakstringetjie gevryf terwyl hy haar passievol gesoen het. En sy vingers het maklik by die dun stukkie material verbygegly. Sy het sommer vinnig gekom. Toe’t hy haar opgetel en na die sitkamer toe gedra. Hy haar op die bank laat sit en tussen haar bene gekniel. Hy’t haar kniëe oopgestoot en sy kop tussen haar bene ingedruk. Toe’t hy die stukkie material weggetrek en sy tong in haar glibberige spleet laat ingly. Dit het nie lank gevat voor sy weer gekom het nie.
Hy wou sommer dadelik opklim, maar sy het hom gekeer en gesê sy wil liewer slaapkamer toe gaan.
In die slaapkamer het sy die regte plek vir haar handsak gesoek en dit noukeurig neergesit. Sy het die knoppie gedruk wat die klein kameratjie binne in die handsak aanskakel en toe na hom toe gedraai. Sy’t hom uit sy klere uitgehelp en toe het hy haar uitgetrek terwyl hy haar al die pad soen en lek.
Toe het sy hom aan die hand bed toe gelei.
***
Nou voel sy die orgasme bou en sy por hom aan om haar harder te naai.
“Naai my hard! Fok ja! Netso! Net so! Ja! Ja! Fokkit ek gaan kom!”
Die rollende orgasme spoel oor haar en sy voel die bekende kombinasie van rillings en hoendervleis. En sy tel haar kop op en grinnik vir die kamera wanneer hy agter haar brul en stampend en stotend kom.
***
Sy sit by die huis met ‘n glas wyn en kyk na die video wat sy die vorige aand gemaak het.
Sy is kaal en een hand speel saggies tussen haar bene rond. Sy voel bietjie gekneus en het oor haar skouer ‘n blou kol op haar boudjie gekry waar hy haar ‘n paar keer met die plathand geslaan het.
Op die videoskerm staan sy nou op haar hande en knieë en hy is besig om homself in haar in te druk. Sy hoor hoe sy oor die kondoom vra en sien hoe sy tussen haar bene voel. Dan begin hy haar naai.
Sy vat ‘n sluk wyn en vryf haarself ‘n bietjie harder. Sy kom amper saam met haar beeld op die video.
Sy sit die video af en gaan klim in die stort. Sy was haarself sorgvuldig en dan droog sy af met een van haar groot blou handdoeke. Sy vryf haar hele lyf in met die duur en luukse room wat sy present gekry het.
Sy kies haar onderklere sorgvuldig. Sy trek ‘n swart broekie aan met ‘n spleet tussen haar bene. Dan ‘n kousophouer en ‘n paar dun swart kouse. Sy kies ‘n swart bra met gaatjies vir haar tepeltjies en rooi strikkies. Sy kyk vir haarself in die spiëel en knik tevrede. Dan gaan sit sy by die spiëel en doen sorgvuldig haar grimering. Donker maskara en oogomlyner. Dan blou oogskadu. En laastens helder rooi lipstiffie.
Sy trek haar rooi sy-japon aan en knoop dit vas. Dan loop sy terug na die TV-kamer toe. Sy sit vir hom ‘n paar biere reg in die ysemmertjie. Sy gooi vir haarself nog wyn in en trek dan haar swart stiletto’s aan. Sy is versigtig om nie haar lipstiffie aan die glas af te smeer nie.
Sy hoor die voordeur oopgaan en vat die afstandbeheerder vir die video. Sy hoor hoe hy sy tas neersit, sy sleutels in die bak gooi en dan in die gang afgestap kom. Hy gaan staan in die deur en trek sy baadjie uit. Dan haal hy sy das af. Hy kyk nie vir haar nie. Hy gooi ‘n koue bier in sy glas en gaan sit op sy gunsteling stoel. Sy skakel die video aan.
Hy kyk die hele video deur en wanneer sy op die bed gaan kniel sit hy sy bierglas neer en begin sy broek losknoop. Sy kan sien hy is kliphard. Hy haal sy piel uit en begin draadtrek.
Sy wag vir hom tot hy kom. Kom loop oor sy hand en vingers en sy gaan staan voor hom. Sy knoop haar japon oop en laat dit val.
“Jou hoer is hier …”
Hy kyk vir haar en sy gesig vertrek in ‘n naskok van sy orgasme. Dan gaan kniel sy voor hom. Sy lek eers sy hande skoon. Dan sy piel en dan begin sy hom suig tot hy weer hard is. Sy klim oor hom en druk sy piel deur die spleet in haar broekie. Sy trek hom in haar in en begin haar heupe vorentoe en agtertoe beweeg.
Sy trek sy kop nader sodat hy haar tepeltjies deur die gaatjies in haar bra kan suig.
En sy begin vir hom fluister.
“Dis mos wat jy wil hê. Ek moet ander mans naai as jy weg is en vir jou video’s maak. Jy wil hê jou vrou moet ‘n hoer wees. Dit is mos wat jou jags maak …”
“Ja. Fok ja. Jy is my hoer. Jy naai ander mans en maak video’s vir my. Jy is fantasties. Jy is my hoer en ek is trots op jou en lief vir jou.”
Sy gooi haar kop agteroor en naai hom hard tot sy asem jaag en hy sy kop agteroor gooi en met ‘n brul weer kom. Sy gesig nar-agtig besmeer met haar grimering.
Sy weet haar maskara word deur haar sweet afgewas en dat dit haar gesig besmeer. Haar lipstiffie rondom haar mond gesmeer. Maar sy gee nie om nie. Sy lyk soos ‘n hoer en sy IS ‘n hoer.
Syne. Haar man s’n
Dis hulle ooreenkoms.
7 COMMENTS
Ramkat ek geniet altyd jou stories daar is altyd n versteekte les of twee jy mag maar skryf. Weereens hierdie een baie geniet
Uitstekend geskryf. Baie sexy.
Ramkat, weereens absoluut uitmuntend.
Annelise, ek dink dis ook n groot leemte dat pare nie vir mekaar vryheid toelaat nie. Dalk op n manier onseker.
Jis dis n droomstorie! Dankie.
Inderdaad baie sexy maar sommer ‘n groot les ook!
Ramkat vat menige man se begeertes vas met hierdie “ek is jou hoer” gedagtes. As meer vrouens hulle mans en sy begeertes so goed leer ken en probeer probeer voldoen aan sy wense sal die skei howe leeg wees en die strate stil vir die “Dames van die Nag”.
Dankie, Ou Meester, jy bly maar ‘n ster!
Mmm, ek wonder hoe baie mans daardie vir hulle vroue doen. 😉
Baie sexy!