
Die Nutsman
deur Milfomaan
Die voordeurklokkie lui. Dit moet die nutsman wees. My man het twee linkerduime en ek moes my na die Internet wend om ‘n handige ou te kry om ‘n paar dingetjies in die huis te kom regmaak.
Ek maak die voordeur oop. Hy is nou nie juis wat ek verwag het nie. Dis ‘n ou oom. Hy het ‘n blou overall-broek en ‘n ou trui aan, dit lyk handgemaak. Ek neem dus aan daar is ‘n tannie wat hou van brei wat wag by die huis.
“Môre, Oom. Ek is Lizette. Dankie dat Oom gekom het. Kom ek wys gou vir Oom wat als reggemaak moet word.”
“Watse ge-oom is dit met jou? Noem my Gawie.”
“Ekskuus, Oom. Dis sommer uit gewoonte. Ag, ek bedoel Gawie. Kan ek vir Oom koffie aanbied?”
“Ek gee op, sê dan maar ‘Oom Gawie’. Sal lekker wees, dankie. Twee suikers en melk.”
Ek gee vir die oom sy koffie en sit sommer ‘n stukkie beskuit ook by. Dan wys ek hom die kasdeur in die kombuis wat skeef hang, die kraan in die badkamer wat lek, en die venster in die spaarkkamer wat nie wil toe nie.
“Oom Gawie, ek moet gou ‘n paar dingetjies op die boonste verdieping gaan doen. Roep maar as Oom my nodig het.”
“Als reg, Meisiekind.”
My man is slim, ryk en gaaf, maar ná hy sy middel veertigs geslaan het, is hy eenvoudig net nie meer lus nie. Dalk, as ek gelukkig is, kry ek een of twee keer ‘n maand ‘n knypie. Ek is ‘n dekade jonger as hy en báie gereeld báie lus. Dis al ‘n gewoonte dat ek soggens, wanneer Manlief werk toe en die kinders skool toe is, ‘n bietjie “me time” geniet. Ek het ‘n hele laai vol speelgoed wat ek na hartelus kan gebruik. Daar is vibrators van elke grootte en kleur. En natuurlik ook ‘n Satisfier wat so lekker aan my klit suig-suig-suig.
Ek hoor hoe die oom woel en werskaf met die kas in die kombuis. Die huis is groot, hy sal darem seker nie hoor as ek gou ‘n plan maak nie. Ek het al die kuns vervolmaak om saggies en subtiel my ding te doen. Ek gaan lê op die bed, trek die bedkassie se laai oop, trek my rok op en my pantie uit en haal my groot pers vibrator uit. Eers ‘n bietjie lube op my klit, en dan bene oop. Hemels! Die feit dat hier nog ‘n asem in die huis is wat my dalk kan betrap, maak my ekstra jags. Ek maak sagte kreun geluidjies en luister hoe die vibrator en my poesie-sappe saam sing. Ek is naby…
Dan kraak die deur sonder waarskuwing oop. O shit! Ek en die oom kyk vir mekaar. Ek skakel oombliklik my vriend af en trek my rok oor my bene.
Die oom se wange is bloedrooi en hy struikel oor sy woorde: “Ekskuus! Ek is so jammer! Ek dog hierdie is die spaarkamer met die venster.”
“Dis ek wat moet jammer sê, Oom.”
Ek kry so skaam ek begin sommer te huil. Letterlik. Voor ek my kom kry loop die trane. Oom Gawie stap nader en sit sy hand op my skouer. “Dis niks, Meisiekind, hierdie Oom het al alles in die lewe gesien.”
“Dis net … my man stel nie meer in my belang nie en kyk nou net in watse verleentheid bring dit my!” Ek snik harder.
Die oom kom sit langs my op die bed. “Toe nou, Ounooi. Hoe kan jy so sê? Jy is dan so pragtig.”
“Dink oom regtig so?”
Die oom sit sy hand onder my ken en lig my gesig op sodat ek hom in die oë kyk.
“Jou man kan sy ou skoene agter jou aangooi. As ek nog net één keer in my lewe met so ‘n mooi jong vrou kon liefde maak, dan sterf ek ‘n gelukkige dood.”
Die oom vat my hand in syne en ek sien hoe die knop in sy broek begin groei. Vandat my poesie tydens puberteit begin ryp word het, koester ek al ‘n fantasie oor ‘n ouer man. Iemand baie ouer as ek. ‘n Ervare leermeester. Nié dat ek dink daar veel meer oor is om my te leer nie, maar dit sal ongelooflik opwindend wees om hierdie golf te ry. Carpe diem!
“Oom kan maar ophou wens. Kom ons doen dit.”
Hy kyk my met ongeloof aan. “Jy speel seker!”
Ek gaan staan reg voor hom en begin my rok se knopies losmaak. Die rok val grond toe. Nou het ek net my bra aan. Ek gaan kniel voor die oom en maak sy belt los. Dan sy gulp. Sy piel beur teen sy onderbroek. Die Oom weet nou sonder twyfel dat ek nie speel as dit kom by speeltyd nie. Ek voel sy eelterige hande op my skouers, dan af teen my rug. Binne sekondes lê my bra op die grond. Die ou ballie weet definitef wat hy doen.
Hy mik om my te soen maar ek draai my gesig weg. Ek gril vir die idee van sy tong in my mond, en sy hemp moet ook maar eerder aanbly, maar sy broek moet beslis af. Ek fluister in sy oor: “Ek het beter lippe om te soen, Oom.”
Hy gee ‘n skalske laggie en laat hom nie twee keer nooi nie. Hy vou sy hande om my middel, trek my op sodat ek voor hom staan waar hy op die bed sit, en blaas liggies oor my skaamhaartjies. Ek kry hoendervleis. Wanneer laas wou ‘n man my só graag hê?
Ek gaan lê wydsbeen op die kant van die bed en die oom kom kniel op die grond voor my. Hy laat nie op hom wag nie. Sy tong maak sirkels oor my poesie, maar hy mis doelbewus my klit. Ek neem sy kop in my hande en probeer hom stuur, maar hy keer my: “Ontspan en vertrou vir Oom.”
Al is dit hoe moeilik,besluit ek om te laat gaan en myself oor te gee aan hom. Vir seker vyftien minute lank teken hy tongsirkels oor my poesielippe, soms stadig, soms vinnig. Soms maak hy wye sirkels, en soms steek hy sy tong reg in die middel van my gleuf. Wat eers vir my soos tydmors gevoel het, raak nou absoluut magies. Toe die oom uiteindelik sy tong oor my klit vee bars die damwal en strome poesiesappe loop teen my boude af.
Hy staan tevrede op en trek sy broek uit. Sy onderbroek moes ‘n Kersgeskenk gewees het want dit het klein Kersvadertjies op. Dalk het sy kleinkinders dit vir hom gegee. Nee, Lizette. Don’t go there! Fokus net op dít wat onder die stukkie lap wag. Ek kom orent, haak my duime om sy onnie se rek en trek dit af. Ek het nog nooit in my lewe so ‘n ou piel gesien nie. Sy balle hang laer as my man s’n, maar sy skag is groot en glad met bultende are. ‘n Blink druppeltjie vorm op sy piel se punt.
Sonder woorde sak ek terug op die bed en maak my bene so wyd oop soos wat ek kan. Die oom kom lê bo-oor my en druk sonder moeite sy piel se punt in my poesie in. Ek haak my bene om sy lyf en probeer hom dieper indruk, maar hy keer my. “Goeie dinge vat tyd, Meisiekind, en hierdie Oom het al die tyd in die wêreld.”
Hy het my al een keer vandag verras, so ek los hom om weer vir my een van sy geheime te leer. Vir wat soos ‘n ewigheid voel speel hy net met die puntjie van sy piel in my poesie. Bietjie in, bietjie uit, bietjie in, bietjie uit. Die afwagting maak my mal. My poesie was nog nooit so opgewerk en so desperaat vir meer piel nie. Wanneer ek hom smeek vir meer, hou hy aan met sy speletjie. En toe ek dit die minste verwag druk hy sy volle piel in my in en begin my ry asof sy lewe daarvan afhang. Hy stop vir ‘n oomblik suig en byt liggies aan my linker tietie en toe die regter, en hervat dan weer sy ritme. Die sjloep-sjloep geluide van ons sappe wat meng vorm ‘n orgasmiese ritme. Dan gebeur alles binne sekondes. Ek gryp die oom se boude gewelddadig vas, ‘n druppel sweet rol van sy neus af tot op my voorkop, my oë dop om in hulle kaste, ‘n kreet ontsnap uit my keel, my tone krul letterlik, en ek ko-o-o-om soos nog nooit tevore nie. My hele lyf is in ekstase. Ek kan nie onthou wanneer laas ek eerste gekom het nie, gewoonlik moet ek myself help na my man klaar is. My poesie is hiper sensitief ná my klimaks, maar die Oom stoom nog voort. Wie sou kan raai dat ‘n ou man soveel stamina sou hê! Hy versnel sy spoed en sekondes later kreun hy en druk sy piel dieper in my in.
Die oom se kom het vir die res van die dag uit my opgenaaide poesie gedrup en gesorg vir die allerheerlikste terugflitse. En die beste van alles is, dat hy nooit daarby uitgekom het om die venster reg te maak nie, so ek sal volgende week weer my ou nutsman moet bel vir ‘n fix.
4 COMMENTS
Ja waar is die dames met hulle stories.
Daar is ‘n gesegde wat sê dat ou Bokke het die hardste horings – ????
Joooo asemrowend!
Ek kan net 200% saamstem met Annelise !
‘n Goeddeurdinkte, goed geskrewe storie, Milfomaan .
Jy kan gereeld vir ons skryf, jy weet net hoe.
Baie dankie !
Hierdie is ‘n baie sexy storie, Milfomaan, en so goed geskryf! Baie dankie. Dis lekker om weer ‘n storie deur ‘n vrou te kry. Hoop ons hoor gou weer van jou. 🙂