
Die Lyndans (1)
deur JouBok
Taalversorging deur Lusman
Dit het so onskuldig begin, maar so lekker geëindig.
Dis Saterdagmiddag. Vroulief kom koer rondom my dat sy ‘n onverwagte uitnodiging na ‘n lyndans-afsluitingsfunksie ontvang het. Sy wil weet of ons dit gaan bywoon.
In die klein gemeenskap waarin ons leef is hierdie ‘n heerlike verrassing. Sosiale funksies is maar skraps. In my verwysingsraamwerk is die lyndans net ‘n cowboy- en countrymusiek-ding. Ek was nie so seker dat ek dit wil probeer nie, want ‘n man met twee linkervoete sukkel maar so ‘n bietjie om grasieus te beweeg.
Vroulief herinner my gereeld daaraan dat ‘n mens alles ten minste een keer moet probeer. Gelukkig gaan ons net toeskouers wees, of so dink ek. Nodeloos om te sê, met vroulief se aansporing was ons in rekordtyd gereed.
By die gemeenskapsaal aangekom, vind ons dat ons stil omgewing ‘n inval beleef het. Daar is ‘n wye verskeidenheid dames met net hier en daar ‘n man te sien. Ek sien met die opstap na die gemeenskapsaal dat hierdie mense hulle passies met passie doen. Die besoekers is uitgedos in die klub wat hulle verteenwoordig se T-hempie en nousluitende jeans en stewels. Hulle staan in groepies en gesels soos ou vriende doen. Hier en daar word ‘n drukkie gedeel, as deel van hulle hartlike welkomgroet.
Met ons naderstap het party ‘n stywenek kopknik gegee en ander het vriendeliker gegroet. Die vriendelikheid van ‘n groep dames, veral een donkerkopdame, verras my. Sy is langer as die ander dames en het donker rooibruin hare wat tot op haar skouer hang. Haar vol lippe is bloedrooi ingekleur.
My oë dwaal vinnig oor die rooikop se trotse tweeling wat haar wit klubhempie tot oorlopens toe vul. Haar jeans is een nommertjie te klein. Die denimmateriaal sny diep in haar volbloed vrouwees in en ek is seker dat ‘n kameel jaloers op haar sal wees. Aan haar voete het sy ‘n paar wit tekkies wat opgedollie is met helder kleure en blinkertjies.
Ek en Vroulief is so agt meter van die groep af wanneer my oë weer op haar gesig tot stilstand kom. Haar oë ontmoet my blik en soos ons nader stap, bly sy rotsvas in my oë kyk. So twee meter van haar, in ‘n onskuldige, natuurlike proses, laat ek my oë sak om haar naamplaatjie te lees.
Ek probeer hard om nie my oë soos ‘n motor se windskermveër heen en weer te laat swiep nie, wanneer ek haar naam op haar voortreflike bors – ek bedoel haar naamplaatjie – lees: Mariaan! Sy het my dwalende oog gesien en glimlag skelm toe ek haar vriendelik groet. Ek is oortuig dat haar lippe die woorde “Is hulle mooi?” gevorm het. Op daardie oomblik weet ek ek moet haar hê.
‘n Paar van die ander dames in hulle groep kyk ook langer en vleiend na my as wat “fatsoenlik” is. Ek voel Vroulief sterker by my arm inhaak.
Binne die saal is tafels en stoele teen die mure gepak. Daar is ‘n groot oop ruimte in die middel van die vloer. So skuins voor 6-uur kondig die saamroeper aan dat die deelnemers moet binnekom vir die opening.
Ek en my vroulief kies ‘n klompie stoele waar daar nie reeds drasakke staan nie en maak ons tuis.
Opgewonde mense stroom die saal binne. Die beskikbare stoele word minder. Langs my is daar drie oop stoele. Ek herken die klubhempies van die drie dames wat naderstaan. Wanneer Mariaan na die oop stoel langs my mik, kyk ek in haar groen oë en sê vir haar dat sy nie nodig het om te worry nie, want ek byt nie. Haar antwoord rol vinnig oor haar lippe.
“Ek dink jy is die een wat bekommerd behoort te wees,” skerts sy terug en mik speels om op my skoot te sit. Almal om die tafel skaterlag.
Ek staan op. Met my beste boerseunhoflikheid trek ek vir Mariaan ‘n stoel reg. Voor sy sit, steek ek my hand uit en stel myself bekend as Bok. Sensueel vat sy my hand. My groot hand sluit om haar lang vingers wanneer sy met ‘n verleidende stem sê. “Ek is Mariaan, maar ek dink jy weet dit reeds”.
Wanneer ek haar stem hoor, hoor ek die gebruis van baie waters. Op die ingewing van die oomblik trek ek haar hand nader en soen dit sag op die agterkant terwyl ek liggies buig en sê: “Milady”.
Vroulief is in haar element terwyl sy haar sosiale ding doen. Sy het nog altyd maklik vriende gemaak. Gou-gou staan daar ‘n groepie mense rondom haar en lag. Ek kry my sit en ek loer vinnig na haar. Net betyds vang ek haar oog wanneer sy vinnig in my rigting knipoog.
Om die besoekers tuis te laat voel en bekend te stel aan lyndans, word hulle genooi om vinnig ‘n paar passies te leer. Die saamroeper vra dat die besoekers na die vloer beweeg. Sy vra ‘n paar vrywilligers om nader te staan sodat die vloer bietjie voller is en ook om ‘n handjie by te sit met die nuwelinge. Ek wonder nog oor my twee linkervoete, toe Vroulief opspring en die plek inneem vir haar lyndans-inlywingseremonie.
Ek sit nog en rondkyk, toe ‘n sagte hand aan my skouer vat. Met die omdraai sien ek Mariaan-tepels. Sy het langs my stoel kom staan. Die tepels beur teen haar T-hemp. Met inspanning beur ek my oë hoër en fokus op haar groen oë. Sy lag in my gesig en skimp dat ek maar nou eenmaal nie my oë kan beheer nie.
Terwyl ek nog protesteer en verduidelik van my twee linkerbene, trek sy my op. Hand aan hand stap sy met my na ons plekke op die danslyn. Ek loer rond na waar Vroulief is. Een van die manne fladder om haar. Dit lyk of sy ook vanaand ‘n passie of twee gaan leer.
Die instruktrise verduidelik dat die dans ‘n reeks passies is wat dwarsdeur die musiek herhaal word, in kombinasie met ander reekse. Dit klink baie makliker as wat dit is. Ons val weg deur die instruksies te volg vir ‘n maklike een.
“Trap vorentoe af met jou linkervoet – een; dan terug – twee. Dan die regtervoet agteruit – drie. En die regtervoet weer vorentoe – vier. Nou die linkerbeenstappie links – vyf, en dan die linkerbeen terug – ses.” Dan volg sy met: “die regterbeen regs – sewe – en dan die regterbeen terug – agt.” Great! Ek kry dit reg.
Nou vir die volgende agt stappies, laat die instruktrise weet. Maar, dit is net hier waar my tor van die prop afval. Instruksies rol van voor af – dié kant toe en daai kant toe.
Twee linkerbene wat probeer om ‘n jazz-box uit te trap op die dansvloer lol ‘n bietjie.
Mariaan het seker gewag vir die geleentheid om my touwys te maak. Want nadat ek die eerste keer ritme verloor, voel ek haar lyf van agter teen myne druk. Haar warm, stywe borste druk teen my rug. Daar waar hulle kontak maak, is my vel aan die brand. Dit voel of daar elektrisiteitsvlammetjies tussen haar puntjie-tepels en my rugvel spring.
Sy plaas haar hande op my sye en skuif hulle laer oor my heupe, tot waar hulle op my bobene tot rus kom. Op ritme klap sy saggies op my bene soos wat ek been vir been in pas moet beweeg. Dan hoor ek weer bruisende waters wanneer sy sag in my oor sê dat ek moet ontspan. Ek hou blykbaar my bene en rug te styf.
My mond is vinniger as my brein wanneer ek vir haar sê dat indien sy my langer so styf vashou, gaan my stywe bene nie haar enigste probleem wees nie.
Die instruktrise dink dat die klomp beginners genoeg van die stappies ken om musiek by te sit. Tylor Spoon se treffer “Sex on the beach” begin pomp oor die luidsprekers.
My lyf ruk verras wanneer Mariaan met die regs draai haar regterhand onmiskenbaar oor die groeiende bult in my jeans laat gly en hard druk. Sy is besig om met my te speel soos ‘n kat met ‘n muis en ek word haar gewillige prooi. Sy mors met my kop, die een op my lyf, en ook my ander kop, wanneer sy saggies vra of dit al is wat daar in my broek is. My antwoord laat haar giggel; ek sê dat sy oor twee draaie my weer moet toets.
My horing groei teen verbysterende spoed en druk ongemaklik teen my broek. Sy wag nie vir die tweede draai nie. Met die volgende geleentheid was haar ondersoekende hand oor my.
My lyf het opgehou om instruksies van die instruktrise en die luidsprekers te ontvang. Ritmies reageer my bene op haar hande wat teen my bobene klap. Die stoot en trek van haar warm liggaam stuur my liggaam waar dit ook al moet gaan.
Die klanke van die lied se herhaalgedeelte pols deur my kop. Haar mond naby my oor sing verleidelik saam: “I wanna have sex on the beach. Come on, move your body. Sex on the beach …” Mariaan se ritmiese klap-klap op my bobene laat my wellus bruis en my piel skree vir bevryding binne my broek. Met ‘n laaste regs draai en haar toetsende regterhand op my, tot barstens toe vol boerewors, eindig die musiek. Wanneer ek omdraai, sien ek dat die naby dansery haar geseën het met twee klipharde tepels. ‘n Blos op haar wange sprei tot laag in haar nek. Sy is heelwat meer uitasem as wat sy behoort te wees.
Ons gee ‘n buiging na mekaar en sy help my om met my bultende broek ongesiens van die dansvloer te kom, deur skuins voor my te loop. Wanneer ek haar stoel regskuif sodat sy kan sit, sê ek saggies oor haar skouer dat haar tweeling besonders mooi is. Sy verras my deur te sê sy hoop my middelbeen het meer ritme as my regterbeen.
Ek het nog nooit weggeloop van ‘n uitdaging nie en vanaand is ook nie so ‘n geleentheid nie, dink ek by myself.
Vroulief kom met blosende wange en ‘n breë glimlag aangestap. Ek trek haar stoel ook vir haar uit en gaan tussen haar en Mariaan sit. Ons kry water en drink lang teue om ons dors te les. Daar is ‘n effens ongemaklike stilte besig om te bou.
Ek draai na vroulief en sê: “Kan ek jou voorstel aan Mariaan? Mariaan, dit is Vroulief.”
Vroulief koer wanneer sy vir Mariaan sê dat sy kan sien dat sy wat Mariaan is, ‘n besonderse indruk op my gemaak het. Vroutjie se oë flits vir ‘n oomblik na my broek wat steeds met ‘n punt staan.
Die lyndansers word baan toe geroep. Mariaan voer ‘n paar wulpse stappies uit wanneer sy van ons af wegstap. Ek en Vroulief is nou alleen by die tafel. Ek kyk versigtig optimisties na haar om haar gesigsuitdrukking te lees. Sy lag skelm wanneer sy haar linkerhand oor my broek laat gly en my steeds harde horing evalueer.
In die agtergrond begin die musiek ritmies pomp. Vroulief skuif nader sodat ons mekaar beter kan hoor.
Ek begin haar vertel van die oogkontak buite op die stoep en die uitdagende uitlating met die inneem van ons sitplekke. Ek gee elke stukkie detail sonder om te skroom. Wanneer ek vertel van die harde, warm tepels teen my rug met Mariaan se drukkende hand op my horing, kan ek sien hoe Vroulief besig is om warm te raak. Warm en uitasem. Woorde-prentjies in Vroulief se ooraktiewe kunstenaarsbrein is besig om haar aan te draai. Haar oë volg Mariaan se lyf oor die vloer waar sy ritmies trap-trap en skop-skop saam met die ander dansers.
Mariaan lyk geamuseerd en tevrede wanneer sy skelm na ons kant toe loer.
Vroulief wil weet wat ek beplan. Ek sê vir haar dat ek nog nie weet wie vir wie jag nie, maar dat ek my vingers tussen Mariaan se kameeltone gaan hê is ‘n uitgemaakte saak.
Dan vra ek haar na haar ervaring met die prins wat vroeër om haar getrippel het. Vroulief lag en sê sy het een liggaamsdeel met te min en twee met te veel om haar ridder opgewonde te maak. Sy lag uit haar keel wanneer sy vertel dat hy wel een of twee keer na my kant toe geloer het gedurende hulle danssessie. My geveinste skok en uitdrukking op my gesig laat haar opnuut lag.
Soveel keer vantevore het ek al toestemming gekry om my jaginstink uit te leef terwyl Vroulief van ‘n afstand toekyk en haar verlustig. Die eerste prys sal wees om my prooi hygend en sopnat huis toe te neem sodat die eintlike jagter haar deel van die prys kan eis. Die alternatief is om my herinneringe ‘n tweede lewe te gee, terwyl Vroulief later in my arms lê en ek haar vasweef in ‘n breinwebstorie van my seksuele wedervaringe. Vroulief se brein is ‘n 1.2 kg- ooraktiewe seksorgaan wat haar wese met die regte stimulus in ‘n supernova verander.
Mariaan pas perfek in die rol vir die spel wat ek vir vanaand beplan. Ek wil graag my boheemse vrou se fantasieë waar maak met ‘n verbysterende drietalspelery.
Die polsende musiek het weggesterf en die dansers stap swetende terug na hulle sitplekke. Wanneer Mariaan naby genoeg is, sê ek vir haar dat sy besonders heet is. Sy glimlag wanneer sy die dubbelsinnige betekenis in my stem hoor. My oerbrein is in die hoogste versnelling en rig my hande en aksies.
Mariaan val onseremonieel langs my neer en strek na haar waterbottel. Voor sy dit in die hande kan kry, bied ek haar ‘n glas water aan. Ek trek die water nader en vroetel in ons sak na die ys.
Met die gaan sit, trek Mariaan haar sweethanddoek uit haar sak. Sy is besig om haar gesig en nek droog te vryf wanneer ek moedswillig met die glas, waarin die ys klingel, te naby aan haar hand vorentoe reik. Wanneer haar hand teen die glas stamp laat ek dit kamtig per ongeluk val. Die yskoue water en ys stort oor haar hemp en sprei oor haar bors. Sy snak na haar asem. Met ‘n vinnige “sorry” vang ek die glas deur dit grypend teen haar maag vas te druk voor dit op die grond val.
Die vinnig nat wordende materiaal raak effe deursigtig en die tekstuur van haar bra lê afgeëts teen haar lyf. Haar donker areolas is sigbaar deur haar hemp en bra, wat albei nou deurnat is. Twee parmantige tepels verhard en beur teen die materiaal. Ek gryp die handdoek en begin om dit teen die nat hemp te druk. My kamtig lomp pogings bring my hande oor haar tieties en ek druk hulle met beide hande na mekaar. Ek buig vorentoe en fluister saggies vir haar dat ek dink sy moet begin bekommerd raak, want daar is nog baie water en ys oor. Sy lag.
Ek is so besig om op Mariaan te fokus dat ek nie agterkom dat Vroulief opgestaan het en by een van haar nuutgevonde vriendinne staan en gesels nie. Sy het haar staanhoek mooi gekies sodat sy ongemerk kan sien wat besig is om tussen my en Mariaan te gebeur.
Hierdie spel is besig om vir Vroulief aan te draai. Soos wat ek na haar sit en kyk, sien ek die kenmerkende tekens van opwekking aan haar lyf. Vroulief se bobene druk teen mekaar met haar linkerknie wat effens gebuig voor haar regterknie verbystaan. Haar linkerhand druk met die palm teen haar maag net bo haar jeans se boonste knopie. Met haar regterhand vryf sy oor haar linkersleutelbeen, daar waar dit wegraak onder haar lang golwende pikswart hare. Haar kop kantel effens na links terwyl sy onbewustelik haar onderlip tussen haar tande vasbyt. Vroulief is onmiskenbaar nat, weet ek uit haar liggaamshouding.
Ek speel vir die boerpot wanneer ek vir Mariaan sê dat ons haar uit die nat klere moet kry, want anders gaan sy longontsteking kry. Laggend vra sy of ek ‘n dokter is.
Ek antwoord vinnig: “’n Borsspesialis.”
Met ‘n giggel in haar stem sê sy, terwyl sy na my hande kyk wat steeds om haar borste gevou is: “Jy bedoel seker borstespesialis!”
Gemaak verleë neem ek my hande van haar tieties af en gee haar handdoek terug. Sy kyk vinnig na waar Vroulief staan en dan vraend terug na my.
Ek glimlag en sê: “Geen probleem nie.”
Blitsig vat Mariaan haar drasak wat op die grond langs haar stoel lê en staan woordeloos op. Sonder om terug te kyk, stap sy deur toe. So in die regop kom, sien ek vir ‘n oomblik daardie prominente dubbele bult in haar jeans. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit dit lyk vir my groter as voorheen.
Sy is ‘n tree of wat voor my wanneer ek haar by die deur inhaal en saam met haar die koel nag instap. Ek vat haar liggies aan die arm en stuur haar op ‘n voetpaadjie in die rigting van die goed versorgde tuin. Die paadjie is verlig met gekleurde liggies. Die see se branders dreun in die agtergrond, maar ons hoor dit nie regtig nie.
Ek trek haar tussen ‘n klompie boomvarings in. Ek ruk haar om sodat sy met haar voorlyf teen my staan. Gewillig val haar liggaam teen myne. Die eerste wat ek voel is die nat van haar waterbespatte hempie. Maar onder dit is daar warm, ferm borste wat teen my druk. Dan sluit my linkerhand se vingers in haar hare agter haar kop. My regterhand druk hard op haar boude. Haar hande kom tot rus op my boude. Ons liggame pers teen mekaar.
My lippe vind haar mond wat alreeds oop is. Wanneer my lippe haar mond aanraak, skiet haar tong my mond binne en ontmoet myne halfpad. Ek voel hoe sy haar liggaam skuif sodat haar heuwel teen my klipharde horing skuur. Sy haal vinnig deur haar neus asem. Ek ruik die geur van haar sjampoe en ‘n tikkie parfuum wat ontsnap van haar vel. My tong proe die sout van vars sweet wat in die dowwe lig teen haar nek glinster. Ons asems jaag.
Wanneer haar linkerbeen om my regterbeen haak en die klam hitte van haar poesie teen my been aandruk, weet ek Mariaan se vuur brand hoog. Met ‘n paar vinnige bewegings verlos ek haar van haar jeans en G-string. Sy vroetel met my lyfband en uiteindelik trek sy my broek ook af. Trap-trap probeer ek uit my broek kom, maar dit haak aan my skoene vas. Ek gaan op my hurke sit om my skoene uit te trek, om heeltemal vry te kom van die klere.
Mariaan het egter ‘n ander idee in haar kop wanneer sy my aan my hare gryp en my gesig tussen haar bene in ruk. In die donker is die welige driehoek net bo haar poesie nog donkerder. Ek voel die hare teen my gesig druk. Sy forseer my kop agteroor. Haar hande manipuleer die posisie van my gesig. Sy begin om die brug van my neus te gebruik om haar klit te stimuleer. Die hoek van my kop en haar poesie maak dat my mond en tong lug hap soos ‘n guppie.
Sy stamp my hard agteroor dat ek op my rug val en gaan sit op my gesig. My mond en tong maak kontak met haar poesie. Haar lus-nattigheid loop tussen haar sagte labia uit en drup in my mond.
My voete is gebind deur my broek wat om my enkels sit. My hande gryp na vatplek op haar heupe wanneer sy my gesig hard ry. Met tye voel ek hoe sy my mond en neus toedruk met haar poesie wat styf om my gesig vou. Wanneer ek spartel, gryp haar hande my hare stewig vas en haar bene en poesie druk harder teen my gesig.
Sy gebruik my gesig om haar jagsheid te bevredig. Met ‘n gedempte gil kom sy rukkend. Haar poesienektar stroom soos ‘n waterval in en oor my mond. Wanneer haar liggaam ‘n laaste stuiptrekking maak val sy lam vooroor.
Ek rol onder haar uit en hyg na my asem. Vinnig klim ek uit my broek. Met Mariaan plat op haar rug, gaan ek met my volle gewig op haar bobene sit. Ek pen haar teen die grond vas. Haar hemp is besmeer van vroeër se vooroor val, toe haar verlammende orgasme haar oorweldig het.
My hande skuif onder haar hempie in. Met my vingers haak ek die vormdrade aan die onderkant van haar bra. Ek trek haar hemp saam met haar bra oor haar tieties sodat haar tweeling vryspring. Die materiaal van haar hempie en bra bondel onder haar ken. My mond vind haar regtertepel en suig hard daaraan. My piel is tot barstens toe geswel en ek het lus om net daar in haar dieptes in te sink en haar aan die brand te steek.
Sy trek my kop nader aan haar gesig. Ek soen haar hard en ek voel hoe my lippe hare kneus. Sy druk my gesig eenkant toe en byt my hard in my nek. Dit stuur ‘n witwarm flits na my brein. Met ‘n effense draai van my kop, kry ek ‘n vasbytplek net bo haar sleutelbeen en ek byt hard. Haar hande versteen om my kop, maar druk my nie weg nie. Sy kreun. Ek kreun. Dan voel ek hoe sy harder byt. Outomaties byt ek harder en haar kreun verdiep. Die witwarm pyn word skerper en ek weet dat haar tande bloed trek.
‘n Gelate kalmte vul my brein en ek hou haar vas asof in ‘n beswyming. Uiteindelik stoot sy my weg en maak haar bene oop. Met haar hande trek sy haar knieë wyd oop …
“Naai my hard. Nou!” sê sy.
Die Amerikaners met hulle multimiljoendollar-hittesoekmissiele is nie so akkuraat soos my voël se kop nie. Want dit peil op Mariaan se verhitte poes af in wat ‘n maklik teiken tussen haar bene behoort te wees. Met ‘n kolskoot tref my pers-geswelde eikel haar nat teiken. Hy druk haar poeslippe van mekaar en sak moeiteloos in haar dieptes weg. My sesduim-roede reik in haar dieptes in terwyl die omvang daarvan haar genotsgrot oopsper. Haar heupe ontmoet myne in die lug. Ons onderlywe begin ritmies teen mekaar stamp.
My balsak klap-klap teen haar hol soos wat ek teen haar lyf stamp. Ons dierlike grom- en steungeluide weergalm in die nag. Passiekrete vloei in mekaar soos in ‘n oersimfonie, terwyl my kloppende balsak op haar anusknoppie die ritme aangee. Haar naels trek ‘n bloedstreep oor my rug.
Ten volle oorgegee aan my dierlike behoefte om te ontlaai, stamp ek my kloppende piel diep en hard in haar poesie op. Sy ontmoet elke stamp van my heupe entoesiasties en beur terug. Ek kreun. Ek ontplof. Mariaan ontplof. Sy gil. Ek pomp wit semen in haar dieptes in. Haar sappe stroom oor my piel. Haar Kegel-spiere klem om my. Ons lyfspiere trek krampagtig saam en ons liggame hang bewegingloos in die lug. My kloppende piel is steeds in haar sametrekkende skede. Stadig sak ons lywe grond toe en ek lê swaar op haar.
Terwyl ons in die sagte lig van die tuin lê en ons asem na normaal terugkeer, raak ek bewus van die silhoeët van ‘n vrouefiguur wat in die skadu teen die stam van ‘n boom leun. In die beperkte lig kan ek sien haar kop is agteroor gegooi en haar hand raak weg tussen haar bene. Sy moes gesien het dat ek haar opgemerk het, want sy kom regop, draai om en stap vinnig terug na die ontspanningsaal.
Teensinnig trek ons ons klere aan. Met ‘n lekker nat soen sê ek vir Mariaan dankie vir die heerlike ervaring. Sy spot my en sê dat sy hoop dit is nie die laaste keer dat ons mekaar “raak lyndans” nie.
Ritmiese dansmusiek pols deur die oop vensters en deure van die ontspanningsaal wanneer ons soontoe terugstap. In die dowwe lig van een van die ligte wat die paadjie verlig, sien ek hoe vuil ons klere is.
Vroulief wag op die stoep. Haar gesig en nek is bietjie rooi en daar is ‘n smeulende glimlag om haar mond. Sy hou Mariaan geamuseerd dop terwyl dié probeer om van die grondvlekke op haar wit hempie ontslae te raak. Wanneer ons by die stoep kom, kyk Vroulief vir Mariaan reguit in die oë en vra of sy dit geniet het.
Mariaan reageer totaal anders as wat ek verwag het. Sy stap na Vroulief en gee haar ‘n lang nat soen. Hulle fluister saggies vir mekaar en giggel. Ek staan soos ‘n skouperd wat bespreek word.
Vroulief nooi Mariaan om by ons huis te kom stort; ons bly net ‘n paar kilometers van die saal. Dan kan hulle ook daai nat en vuil klere uitspoel en in die tuimeldroër droogmaak, stel Vroulief voor.
Mariaan aanvaar die uitnodiging gretig. Sy vou haar handdoek om haar, om die meeste kolle te verberg. Sy gaan groet gou die ander klublede sodat hulle nie later na haar moet soek nie. Vroulief koer in my oor en ek kan die jagsheid in haar stem hoor. Wanneer Mariaan by ons aansluit en ons na die motors stap, sê Vroulief dat sy sommer saam met Mariaan gaan ry.
Déja-vu, dink ek. Dis nie die eerste keer dat ek en Vroulief ‘n ander dame huis toe neem nie.
(Lees volgende episode HIER)
8 COMMENTS
Heerlike storie.
hoe lus raak ek nou vir lyndans!
JouBok, dit was nou absoluut fantasties geskryf. Ek hoop van harte die opvolg is al gereed om geplaas te kan word.
Doen so voort
Lekker sexy storie die! Kannie wag vir die opvolg nie!
Hierdie storie is met net soveel oorgawe geskryf as wat die karakters sex gehad het. Bravo…die beskrywings is uitmuntend…die sex brutaal lusmakend en die orale gedeelte uit die boonste rakke. Ek hoop ook ons hoor meer van jou en die mevrou se ekskapdes….
Al die manne (en ons spesiale dames) wat die storie gelees, geniet en terugvoering gegee het. Dankie.
Die gelukkige “Bok” se storie is klaar geskryf. Ek dink die twee vroue gaan hom moegmaak.
Dankie Lusman en Madam vir julle hulp.
Jouuuu Bokkkk ! Behoort almal nou te skree…ja, sowaar…daar..en die kant toe trek pênties deur die lug na JouBok toe wat nederig daar staan soos ‘n werknemer van Eskom !
Dankie ou vriend vir ‘n bo-baas storie.
Jouuuu Bokkkk ! Behoort almal nou te skree…ja, sowaar…daar..en die kant toe trek pênties deur die lug na JouBok toe wat nederig daar staan soos ‘n werknemer van Eskom !
Dankie ou vriend vir ‘n bo-baas storie.
Some guys have all the luck………………….