
Die loodgieter (7)
deur Jan Pielewiet
Lees vorige episode HIER
Wanneer ek die Maandagoggend na ‘n redelike stil naweek by my kantoor instap sit Annelie reeds agter haar lessenaar. Aangesien dit effens ongewoond is, want sy werk normaalweg van die huis af, vra ek haar of alles oukei is.
“Piekfyn” antwoord sy. “Ek was vroeg op en eerder as huis toe gaan het ek besluit om kantoor toe gekom,” laat sy die aap uit die mou. Dan besef ek dat sy laasweek al gesê het dat sy die naweek saam met Stephan na sy ouers gaan.
“En?” vra ek? “Hoe het dit gegaan?”
Na twintig minute besef ek dat sekere vrae liefs nie gevra moet word nie. Want in plaas van “goed, dankie” moes ek aanhoor hoe lekker dit op die plaas was en hoe gaaf sy ouers is en dan begin sy my vertel van alles waarmee daar geboer word en dan word ek aan elke dier op die plaas voorgestel. Voordat sy by die bure kon uitkom verskoon ek myself eerder voor ek oor-loos deur die lewe moet gaan soos sy my ore van my kop af praat. Duidelik het sy die naweek geniet, dalk te veel geniet.
Ek is skaars agter my tafel of sy bring ‘n werkskaart na my toe. Dit is van ‘n dame wat ‘n waterstelsel vir haar tuin wil installeer. Alhoewel dit nie ons normale werk is nie, het die klient aangedring dat sy my daar soek. Nou soos die spreekwoord lui, die klient is altyd reg, dus maak ek maar ‘n afspraak om te gaan kyk wat sy gedoen wil hê.
Die Dinsdagoggend nadat ek my span aan die werk het, ry ek na die huis in Pellisier om te gaan kyk wat gedoen moet word. Daar is geen voorste mure of heinings nie en nadat ek in die oprit parkeer het stap ek na die voordeur waar ek die klokkie lui. Die middeljarige dame wat die deur oopmaak stel haarself as Lettie voor. Sy is van ‘n gemiddelde lengte met ‘n redelike netjies, standaard middeljarige lyf. Effense rondings sonder om vetbulte te vertoon. Beslis nie iemand wat geraamterig voorkom nie. Lettie stap voor my uit na die agterkant van die huis waar sy my wys wat haar probleem is.
Die hele agterste gedeelte van die erf is toegepak met bonsai boompies en sy wil hê ek moet ‘n outomatiese besproeingstelsel installeer wat vir elke Bonsai boompie kan apart water gee. Ek self is maar ‘n amateur boompie planter met so stuk of tien bome in potte, mens kan dit nog nie bonsai noem nie en dan het ek so stuk of vyf bome wat ek oor die laaste paar jaar aangekoop of present gekry het en wat ek poog om aan die lewe te hou en so af en toe met ‘n snoeisker bykom om die vorm te behou. Ek kan dus onmiddelik sien dat Lettie ‘n pragversameling hier het.
Lettie stap stadig deur haar tuin en verduidelik haar behoeftes en uitdagings om die verskillende groepe bome verskillend te benat. Ek luister aandagtig en leer sommer in die proses heelwat oor hierdie oeroue kunsvorm. Sy is duidelik gevlei as ek haar komplimenteer oor haar bome. Terwyl sy voor my uitstap sien ek hoe haar boude rondspeel onder die ligte somersrok wat sy aanhet. Een van die gedagtes wat deur my kop flits is dat sy amper soos Eva in die tuin is met Adam wat agter haar aandrentel om by die boom van goed en kwaad te kom. Wanneer ek die gedagte met haar deel glimlag sy skalks en bloos so effens as ek skimp dat ek hoop dat sy my nie ook sal verlei nie. Aan die einde van die toer draai sy om en vra of ek vir so iets sal kans sien. Ek kom blykaar hoogs aanbeveel deur van my vorige kliente en sy wil dit reg doen aangesien haar boompies haar passie en haar trots is. Nadat ek ingewillig het nooi sy my vir koffie sodat ons die fynere details kan bespreek. Ek aanvaar en gaan haal solank my notaboek en pen terwyl sy die ketel gaan kook. Ek sit buite by ‘n houttafel onder ‘n groot koelteboom en skryf wanneer sy uitgestap kom met ‘n skinkbord waarop die koffie en ‘n bordjie eetgoed gepak is. Ordentlike heer soos my ma my grootgemaak het, staan ek op en gaan neem die skinkbord by haar.
Ons neem weerskante van die tafel plaas en terwyl sy vir my al die verskillende vereistes herhaal neem ek notas, maak sketse en vra uit oor enige iets waarvan ek nie seker is nie. Tussendeur teug ons aan die koffie en geniet die koekies wat sy self gebak het daarmee saam. Na ‘n halfuur se opmetings is ek tevrede dat ek alles het en neem die pad terug kantoor toe om die kwotasie uit te werk. Wanneer ek die finale pryse uiteindelik uitgewerk het e-pos ek vir Lettie en binne tien minute het ek ‘n antwoord terug en word die deposito sommer klaar oorbetaal in my rekening, nooit gedink sy is so angstig om dit gedoen te kry nie. Deel van ons reëlings is dat ek Saterdae die installasie sal doen aangesien dit versigtige werk sal wees om nie enige van die bome te beskadig nie. Lettie het met ons eerste afspraak reeds aangedui dat sy my sal help aangesien sy nie enige ander persone in haar tuin wil hê nie. Sy is bitter bang dat vreemde mense haar bome sal beskadig. Daar is heelwat ou bome in wat dekades gevat het om te vorm, daar is ook baie seldsame bome en van hulle is onvervangbaar. Met my beperkte bonsai kennis verstaan ek die risiko en alhoewel ek die werk baie vinniger gedoen sal kan kry met my eie mense besef ek haar kommer en willig in om dit so te doen. Gelukkig is ek Saterdae net op roep vir nood en kan dit dus so reel.
Ek doen al my aankope deur die week en dan begin ons die eerste Saterdag vroegoggend met die installasie van die sproeiers. Ons het vooraf besluit alle pype sal bogronds wees sodat ons maklik aan die uitleg kan verander as sy bome rondskuif. Daar is heelwat krane in die stelsel sodat dit haar meer beheer oor die afsonderlike lyne kan gee. Daar is slegs ses hooflyne wat aan die besproeings-rekenaar gekoppel is maar elke hooflyn het tussen vier en tien sylyne wat elkeen afsonderlike deur krane beheer kan word. Ek het nie eers getel hoeveel sproeierkoppe ons ingesit het nie, het sommer net ‘n paar sakke vol gekry sodat ons elke moontlike hoek en tipe sproei kan kry waaraan ek kan dink. Ek was maar bra skepties oor die hulp wat ek vanaf Lettie sou ontvang en het myself voorberei dat ek in elke geval alles alleen sal moet doen, maar toe ek daar opdaag het Lettie ‘n gemaklike sweetpak aan en het sy sommer van die begin af help aandra aan die materiaal en terwyl ek alles uitgepak het, het sy solank vir ons gaan koffie maak. Teen die tyd dat ek begin pype afrol het, het sy onmiddelik bewys dat sy baie meer binnegoed as net bek is en het sommer vinnig verstaan waar ek hulp nodig het.
Net so skuins voor middagete was die eerste twee lyne in en kon ek begin met die aansluiting aan die munisipale lyn. Aangesien ek nie veel hulp daarmee nodig gehad het nie, het Lettie aangebied om vir ons solank ietsie te ete aanmekaar te slaan. As ‘n reël eet ek nie saam met kliente nie, maar Lettie het verduidelik dat ek haar help deur die werk oor ‘n Saterdag te doen en sy moet in elke geval iets eet om haar bloedsuiker konstant te hou. Wanneer sy uitkom met ‘n skinkbord is ek net besig om op te staan waar ek die finale koppeling vasgedraai het. Lettie het, terwyl sy weg was, haar sweetpaktop uitgetrek en die stywe hemp wat sag haar borste omvou het beloftes ingehou dat sy welbedeeld was. Nadat ek ‘n keer gesluk het aan die knop in my keel het ek nadergestap en die skinkbord by haar oorgevat. Wanneer sy voor my uitloop sien ek dat die sweetpakbroek knus om haar effens groterige boude vou, iets wat weggesteek was onder haar top vroeer vandag.
Wanneer ons by die tafel onder die groot boom plaasneem is daar ‘n koel briesie wat die dag se hitte breek. Ek kan sien hoe die nippels teen die stywe materiaal beur soos hulle reageer en begin vorm aanneem. Ek en Lettie gesels lekker en wanneer sy agterkom dat ek ‘n beginner bonsaier is word haar hulp en raad aangebied wat ek natuurlik ope arms verwelkom. Sy nooi my om volgende Saterdag een of twee boompies saam te bring dan kan sy my bietjie raad gee. Dan spring ons aan die werk en teen laatmiddag is die rekenaar in en die eerste drie lyne is operasioneel. ‘n Paar keer die middag het ek opgelet hoe Lettie se nippels nie kleiner word nie en haar gat het al hoe meer uitlokkend onder die sweetpakbroek beweeg.
Wanneer Lettie my klaar gehelp het om die res van die materiaal in een van haar stoorkamers te bere en al my gereedskap weer op my bakkie gelaai is, word totsiens gesê met ‘n stywe drukkie. Haar sagte bors druk in my arm in en haar handjie rus intiem op my sy.
“Sien volgende Saterdag, bring sommer ietsie saam dan braai ons na die werk klaar is,” kom haar woorde aangesweef na my. “En onthou jou bome, dan help ek jou met alles wat pla.”
Die week vlieg verby en al wat noemenswaardig is, is die een Whatsapp vanaf Lettie wat my prys met die eerste gedeelte van die besproeing wat voltooid is. Blykbaar maak dit haar bome lekker nat.
Saterdagoggend is ek al vroeg wakker. Ek neem my swart boeretroos saam na my agterplaas waar ek my twee belowendste jong bome uitsoek. Ek laai hulle saam met my oudste boom agter in die bakkie en vat dan die pad na Lettie. Ek het sommer ‘n pakkie met twee steaks uit die vrieskas gegryp en saam met ‘n sespak uit die yskas in ‘n koelsak gegooi. Wanneer ek by Lettie se syhek stop druk ek die bakkie se toeter en wanneer die hek oopmaak ry ek deur na dieselfde plek waar ek laas gestop het en stap sommer om na die agterdeur. Wanneer Lettie in die kombuisdeur verskyn snak ek na my asem. Duidelik het sy sopas eers opgestaan en die nagrokkie wat sy aanhet laat nie veel aan die verbeelding oor nie. Alhoewel sy middeljarig is kan mens sien daar is baie beloftes. Haar bene is nog gespierd en sonder enige oumens rimpels en sy het slegs ‘n effense swelsel om die middellyf. Haar groot borste word nie deur enige iets ondersteun nie en hang skaars waarneembaar na onder. Die lig wat van agter af skyn laat my elke ronding waarneem. Ek kyk deeglik terwyl sy omdraai en na die ketel stap.
“Kom drink jy saam koffie? Ek sukkel om nog wakker te word, het sleg geslaap en kon nie opkom vanoggend nie. Jy vang my eintlik nog in die bed.”
Ek trek ‘n stoel onder die toonbank uit en gaan sit vinnig sodat sy nie die prominent knop in my broek kan waarneem wanneer sy omdraai nie. Lettie maak die ketel vol en haal solank beskuit en bekers uit terwyl die water kook. Dan spoel sy die plunger beker uit met kookwater en gesels land en sand terwyl die koffie trek. Ek bly verkyk my net aan haar, blykbaar is sy salig onbewus dat sy my hiper jags maak met haar ongeërgde houding. Sy paradeer hier op en af in haar baie klein baie deursigtige nagrokkie en maak asof dit heeltemal normaal is. Nadat sy die beker stomende koffie voor my neergesit het, trek sy die stoel oorkant my uit en gaan sit daarop. Haar voete plaas sy op my stoel se voetrus en dan begin sy haar koffie en beskuit geniet. Elke happie wat sy neem is uittartend, so asof sy weet ek dink aan haar mond om my piel as haar ligpienk lippe om die stywe beskuit sluit. En dan as daai tongetjie haar lippe aflek waar ‘n druppel koffie klou kan ek voel hoe sy haar tong om my skag laat rol.
Nadat ons die koffie en beskuit geniet het, gaan ek solank tuin toe en Lettie gaan trek aan. Terwyl ek besig is om die eerste pype af te rol sien ek die badkamer lig aangaan en dan hoor ek die stort loop vir ‘n ruk. Ek sorg dat ek so werk dat ek in die kamervenster wat aan die badkamer grens se venster kan inloer. Ek het met my vorige besoek opgelet dat al die vensters wat na agter wys se gordyne almal oop staan om die wintersonnetjie in te laat. Wanneer ek beweging in die kamer sien, probeer ek ongemerk meer te siene kry.
Lettie kom ingestap met slegs ‘n handdoek om haar borste geknoop. Die onderkant maak haar ronde boude skaars toe. Dan gaan sit sy voor die spieel en begin haar hare uitborsel en droogblaas. Ek probeer fokus op die werk, maar betrap myself dat ek heeltyd inloer om meer te sien. Wanneer die haardroer stil word staan Lettie op en voor haar kas laat val sy die handdoek. Sy trek weer ‘n stywe top aan, beslis sonder ‘n bra en dan besef ek die sweetpak broek word ook sonder ‘n panty aangetrek. Dan stap Lettie uit en ek begin naarstelik werk voordat sy my kan betrap dat ek afloer.
Die oggend is vinnig verby en behalwe vir die koeldrank teen teetyd is daar nie tyd vir iets anders as werk nie. Teen half drie is alles klaar en kan ons begin dink aan ontspan. Lettie stel voor dat ek my bome wat nog steeds agter op die bakkie staan na haar werksarea bring dan gaan gooi sy solank iets kouds in.
Wanneer sy met twee yskoue biere terugkom klink ons die bottels voordat ons elkeen ‘n diep teug neem. Dan wys ek haar my eerste saailing wat ek van saad af gekweek het. Dit is ‘n Wildekanferbos wat ek dalk in die Bosveldstyl wil vorm. Lettie stem saam, maar stel voor dat ek ook na die Pierneefstyl kyk. Ek kan insien wat sy in die boom raaksien en saam besluit ons om eerder die Pierneefstyl te volg.
Lettie neem die boom en plaas dit op haar draaitafel. Soos sy die boom in die rondte draai wys sy vir my wat sy sou uitsny en wat sy sou los. Dan neem ek die skêr en nadat ek elke tak se snit eers met haar bevestig het snoei ek stelselmatig die boompie todat dit begin lyk na ‘n bonsai.
Die tweede boompie se aankoms op die tafel is ooreenstemmend met die tweede bier wat ons knak en weereens word die boompie eers goed bekyk. Ek wil baie graag die Windswept styl probeer en Lettie stem in, al is dit nie die mees geskikste spesies daarvoor nie. Dit is volgens my kennis ‘n tipe conifer gewees wat sulke lang takke het wat maklik buig. Lettie neem ‘n stuk draad en as sy oor my skouer leun om te wys waar ek moet begin draad opsit lê haar warm tiet op my skouer. Haar een hand druk op my ander skouer en haar wang is skuins lang myne. Ek ruik haar effense sweterige lyf en kenmerkende vroulike geur as sy strek om beter by te kom. Dan kom sy regop en laat my alleen verder die draad opsit.
Ek is verstom hoe maklik sy dit laat lyk om my deurmekaar bos na ‘n gevormende boom te omskep. Die laaste boom op die tafel is ‘n Olienhout in die formele regop styl. Ek het die boom na die beste van my vermoeie in stand gehou en Lettie kan oor die derde ene net effens raad gee oor waar ek kan verbeter. Dan stel sy voor dat ons oppak en die vuur gaan aansteek. Die vuurmaak plek is reg langs haar Jacuzi en sy stel voor dat ek sommer in die Jjacuzi die dag se sweet afspoel en ontspan. My verweer dat ek nie swemklere saamgebring het nie word met ‘n handgebaar afgemaak met ‘n “skinnydip saam met my” voorstel.
Die drie biere het ons al ons skaamte laat vergeet sodat ons ons klere laat waai en soos twee ou mense stadig in die water wegsak. Dit is heerlike warm water en na die lang dag se werk voel ek hoe my spiere begin ontspan. Met die inklim het ek gesien Lettie is toegegroei daar onder, maar die res van haar liggaam vertoon geen hare nie. Wanneer sy haarself tussen my bene kom tuismaak plaas ek my hande op haar skouers en begin die knoppe wat ek voel uitvryf. Ek plant ‘n soen teen haar nek se agterkant en dan druk ek my lyf vas teen hare. Lettie druk terug en haar hand reik na agter om my stywe piel vas te vat. Ek verskuif my een hand na haar bors toe en my ander hand vou om haar maag om haar nog stywer teen my vas te druk. Nou bevoel ons mekaar en wanneer ek voel hoe haar hand my piel tussen haar boude indruk is ek meer as gereed om haar net daar te naai. Die water maak dit egter moeilik en sy lei my aan my trekstang die water uit tot naby aan die vuur. Daar gaan staan sy wydsbeen voor ‘n tuinstoel en loer oor haar skouer na my.
“Waarvoor wag jy?” laat hoor Lettie. Ek stap nader en dan as ek agter haar gaan staan reik sy weer terug om my kloppende piel in haar diepste in te gelei. Ek moet my bene effens knak om die hoek reg te kry, maar as ek my pers eikel tussen haar boude sien verdwyn en dan voel hoe haar smering my laat inglip druk ek alles wat ek het stadig en diep in haar in. Lettie laat ‘n diep kreun uit en maak haar rug krom om my piel so diep as moontlik in haar te voel. Dan begin ons om die oeroue ritme van voorplanting te dans. Wanneer ek voel dat ek naby is waarsku ek vir Lettie, Lettie draai om, kniel voor my en dan neem sy my wagtende wors in haar mond. Haar wange bol en sy maak slurp geluide soos sy ons gemeenskaplike souse in haar mond vermeerder met haar speeksel. Dan kan ek dit nie meer langer uithou nie en skiet lang drelle in haar mond in. Dit loop uit haar lippe en oor haar ken waarna dit op daai manjifieke borste te lande kom.
Wanneer sy my leeggesuig het staan sy op en gaan sit-lê op die stoel waaroor sy sopas geleun het toe ek haar geraps het. Dit is een van daai sonbedstoele. Sy omklem haar borste en vryf my saad oor haar heuwels en dan maak sy haar bene wyd oop. Ek gaan kniel tussen haar sagte bo-bene, my kniee beskerm teen die harde steenvloer met ‘n opgevoude handdoek. Ek begin haar met ligte lekkies in die waai van haar been terg, maar dan gryp sy my hare vas en trek my mond in haar vlesige vrug in. Ek hoef nie veel te doen nie, want sy ry my neus, mond en tong freneties en dan raak sy rukkend aan die kom. Sy prewel onsamehangend en dan klem haar bo-bene styf teen my kop vas voor sy heeltemal verslap en agteroor op die stoel gaan lê.
Ek verkyk my aan hoe haar skaamlippe oopblom en bokant die harebos uitstaan. Daar is ligte bewegingtjies soos sy nog die na-orgasmiese sametrekkings ervaar. Dan staan sy op en stel voor dat ek nog ‘n paar stompies hout op die vuur gooi dan kan ons gaan afspoel voor ons die vleis braai.
1 COMMENT
4kit ekself was al so baie in Universitas……………….wil ook daar gaan loodswaai