Die Krokodille
deur Kleinboer
Ek het in die Troyeville Hotel oor drie draughts gekyk hoe die Blou Bulle die WP opfok, die eindtelling was 37-6. Ek het tevrede na die Number 7-kroeg in Doornfontein gery, myself voorgeneem om net ’n hoer te hug en dan huis toe te ry. Maar toe vang ’n grootoogvrou my met die woord “threesome”. Haar naam is Millicent, ek ken haar van ’n vlesige kontak ’n paar jaar gelede. Langs haar by die kroegtoonbank sit Gugu. Ek ken haar ook, sy was die eerste hoer in my boek Kontrei – ek het destyds verkeerdelik geskryf Kuku. Millicent en Gugu is albei van Swaziland en neig al na 30 toe.
Number 7 is by Saratogalaan 7. Mike, die eienaar, het die kop van ’n waterskilpad. Blou oë agter brillense. Hy is in sy vyftigs. Hy kom van Duitsland maar is al jare in Suid-Afrika, was ’n polisieman in Kaapstad en het later naby die Vaalrivier met varke geboer, toe in ’n hospitaal as ’n sekuriteitswag gewerk en eindelik sy eerste kroeg gekoop.
Pas ná ek my bier geskink het, leun Millicent na my oor, beduie na Gugu en fluister: “What about a threesome?” My kop ruk ietwat agteroor, ek antwoord nie dadelik nie. Ek hou my blik op die TV waar Manchester United besig is om in St Pietersburg teen ’n Russiese sokkerspan in lelike ligblou te verloor. Ek was nog net by een threesome in my lewe betrokke, ’n goeie 10 jaar gelede een nag in ’n woonstel in Berea. Dis nie ’n onaangename herinnering nie! Ek draai my kop na Millicent. “You only have to give us one clip each,” sê sy. Ek leef al lank genoeg tussen swart mense om te weet ’n clip is R100 (dit kom van die papierknippie waarmee ’n bondel note bymekaargehou word).
Millicent, meer van ’n ekstrovert as Gugu, por my verder aan: “Sometimes you have to leave the young girls and fuck us, the crocodiles. Come on, my white boyfriend has gone to Denmark for a while, I’m horny.” Ek swig, knik, sluk my bier gou klaar en volg hulle na Gugu se kamer.
Millicent se maag het groterig geword met die jare, maar haar borste is nog ferm. Gugu se heupe veral het vet bygekry, die selluliet op haar boude lyk wragtig effens soos krokodilvel. Maar dit was te laat om kop uit te trek. Millicent het ’n kondoom oor my voël afgerol en my ’n blowjob gegee terwyl Gugu my tepels beurtelings suig. Ek het daar op my rug gevoel soos ’n passiewe pasiënt in ’n teater wat baie aandag kry voor die operasie. Maar ek moes aktief raak. Toe ek vra wie ek eerste moet bykom, sê Millicent: “I’m first.” (Sy is die alfawyfie.) Ek het haar met ’n harde paal bygekom terwyl Gugu my rug en ballas streel en my mondelings aanpor. Millicent het haar groot oë nie toegemaak tydens die naai nie, hulle het selfs wyer gerek, en haar mond het ook oopgegaan. Dit het gevoel asof sy kom, en ek wou ook, maar ek het gedink Gugu moet ook gediens word en het teruggetrek.
Met die afhaal van die kondoom en die aansit van ’n varse het ek bietjie momentum verloor. Gugu het op haar rug gaan lê en ek het haar ook gelooi, maar my paal het nie dieselfde hoogtes bereik nie en ek het gevoel ek gaan nie so kom nie. Haar asem het effens na vis geruik. Ek het die kondoom afgehaal en Millicent het my riem geruk terwyl Gugu se vingers my ballas tokkel. Ek was op my rug en hulle was knielend weerskante van my heupe op die dubbelbed. Toe my saad in die lug spuit en ek “baaa!” bulder, het hulle my geskree nagemaak en ons al drie het saam gelag. Dit was heel gepas dat ek nie binne een van hulle gekom het nie maar tussen hulle. Wat ’n lekker sessie met die krokodille! Ek het elkeen ’n clip gegee en gaan stort.
Terug in die kroeg het ek vir beide vroue en myself nog ’n dop gekoop. Op die TV het die hoogtepunte van ’n wedstryd tussen West Ham en ’n ander span in die Engelse sokkerliga gewys.
Ek was voor nege tuis en het ‘n sin op my rekenaar getik waaraan ek in die kroeg gedink het: West Ham is a soccer side and south ham maybe my dick.
Kleinboer het in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuut werk, Kontrei, ontvang. Sy nuwe boek, Werfsonde, het verlede jaar verskyn. kombiekiehier is tickled pink dat hy hierdie stuk (wat moontlik deel van sy volgende boek gaan uitmaak) met ons gedeel het. 🙂