Damstreke

deur Saffie

Ek en buurvrou, Dawn, kom al ‘n lang pad saam. Op universiteit het ons mekaar deur die eksamens en die werkstukke gehelp. Ons het, tussen ons, vier spruite grootgemaak. Toe haar huwelik op ‘n stadium erg gewankel het, het ons saam die wa deur die drif getrek. Ons het die spreekwoordelike sak sout opgeëet, maar nie soos gedroogde bokkoms anderkant uitgekom nie. Beide van ons het ook ons lywe goed versorg. Natuurlik lyk ons nie meer soos Bo Derek nie, maar vir 50-jariges is alles nog in plek. Belangrikste van alles, alhoewel ons mans nou hoogstens een keer maand ‘n pompie soek, bly ons lus. Jy kan maar sê ons probeer die menopouse wegspyker!

Op universiteit het ons mekaar ‘n paar keer gedurende wilde, dronk aande gegryp en saam in die bed geëindig. Ons het dit beide afgeskryf as ‘n eksperimentele fase in ons lewe. Dit het ons nooit verder gepla nie. Om die waarheid te sê dit was ons “dirty little secret”.

‘n Paar jaar gelede toe ons kinders die huis verlaat het, het ek en Dawn gereeld weggebreek om ‘n bietjie die saai bestaan in suburbia die hoof te bied. Beide van ons is bergfiets mal en gevolglik is ons altyd opsoek na afgeleë plekke waar ons van ons opgehoopte energie (en lus) ontslae kan raak.

Hierdie naweek is ons by ‘n dam in die middel van nêrens, daar waar die Klein Karoo begin. Dis ‘n plek waarheen jy al jou kamptoebehore moet saambring. Daar is geen selfoonontvangs nie. Toe ons die sleutel by die boer kry, vir toegang by die boonste kamp naby die waterval, sê hy net ons en ‘n ou van Bloemfontein is die naweek op die plaas om te kamp naby die dam. Dawn meld dat dit seker weer ‘n stadsjapie is, wat hom verbeel hy’s Crocodile Dundee.

“Nee,” sê ons gasheer, “hy kom gereeld hier, hy’s in sy veertigs en was voorheen ‘n model en akteur in Amerika. Hy’t egter die beroep vaarwel geroep toe sy vrou hom gelos het en nou leef hy op die trustgeld van sy gestorwe pa se boedel.”

Die tent is opgeslaan en ons gaan ‘n draai ry voor ons braai vanaand.

“Buurvrou,” sê Dawn toe ons in die pad val, “dis mos nou die lewe. Check daai son se refleksie op die dam. Ek’s no so relaxed. Ek sal met plesier kaal tiete hier langs die dam afry. Om die waarheid te sê, ek’s so los soos Tastic rys!”

Ons lag kliphard en trap daai bergfietse dat die kettings kraak.

Ons sien beide die groen tent teen die damoewer toe ons oor die bult kom. Ek wil nog iets sê, maar Dawn wil gaan groet. Die man sit sy boek neer, haal sy Ray Bans af en staan op van die kampbed langs sy tent.

“Richard, ek’s van Bloem,” stel hy homself voor met ‘n duidelike Amerikaanse aksent. Hy gee glad nie om dat ons kom groet nie.

“Kom sit. Wat van ‘n bier?”

Ek wil nog die aanbod van die hand wys, toe maak Dawn reeds haar fiets staan teen die naaste boom en trek haar fietshandskoene uit.

Richard is kaalbolyf, kortbroek met ‘n welige bos borshare. Mens kan sien die jare begin hom inhaal, met die grys om sy slape en effense tjoepie om sy middel. Dis egter sy hande wat my aantrek. Dis groot hande, goed versorgd en die are bult op die bo-kant. Ek voel ‘n tinteling diep in my koekie.

Die gesprek is spontaan en vol lag. ‘n Tweede koue bier word aangebied. Ek en Dawn sit langs mekaar op die kampbedjie. Richard sit gekruisde bene in die sand. Die son raak goudgeel oor die berge. Daar’s ‘n kakofonie van voëlklanke in die bome agter ons soos die voëls terugkeer na hul neste vir die aand.

Dawn vra-sê byna terloops:

“Wanneer laas het jy twee belustige vroue op jou kampbed gestoot?”

Ek byt byna die Windhoek Lager se nek af. Richard is egter so kalm soos Clint Eastwood in Dirty Harry.

“Nie te lank gelede nie, maar daar’s altyd geleentheid vir nog.”

Dawn laat nie op haar wag nie. Sy trek dadelik haar fietsrybroek uit, skop dit eenkant en sit weer op die kant van die kampbed.

“Kom hier grootseun, laat ons jou wys hoe skil mens wortels hier in die Karoo.”

Richard kom staan tussen haar bene en sy stroop sy broek af. Hy’t ‘n heerlik dik, vet piel en die ding is reeds halfmas. Toe sy haar mond om die kop sit, kan ek dit nie meer hou nie. Die klopping in my poesie jaag my en ek trek my broek – en fietsryhempie uit. Kaal, maar met my fietsryskoene aan, gaan staan ek agter Richard. Sy twee ronde boude met die fyn haartjies wat glim in die namiddagson, laat borrel die lus diep in my maag.

Ek sit my hande om sy skouers en druk my harde tepels teen sy harige rug. Dit tintel oor my hele lyf. Ek laat sak my arms en met een hand streel ek sy balsak, naby waar Dawn hom suig. Hy maak sy bene effe wyer oop. Ek lek my duim nat.

“Gee jy om?”

“Be my guest,” laat weet hy.

My duim vind versigtig die opening van sy anus en met my ander vingers streel ek sy skrotum. So staan en wieg ons op die maat van die voëlsang.

Die seksspel word hewiger soos ons jagsheid toeneem. Dawn druk vir Richard terug op die kampbed en hurk bo-op hom. Ek sien hoe sy dik vleis sonder moeite in haar oop poesie glip.

“Kom join ons buurvrou.” En so gaan staan ek wydsbeen oor sy gesig en ek voel hoe hy gulsig aan my plesierspleet begin lek. Ek trek my koeklippies oop en buk effens dat hy my vlesige klit kan bykom. Ek en Dawn se monde ontmoet en ons lek mekaar se tonge.

Sy sit haar hande op my skouers en begin my gevoelige borste liefkoos met ‘n nat warm tong wat rillings deur my lyf stuur. Ek vinger en vryf my klit harder soos die klimaks opbou. Richard word verswelg deur ons vuur en pomp dat die kampbed kreun onder die gewig. Intussen is Dawn byna oor die afgrond en maak sulke ligte kermgeluide.

“O fok buurvrou dis hot, hier kom ek,” skree sy diep uit haar keel en gooi haar kop agteroor.

Richard blaas hard tussen my skaamlippe en ek sien hoe hy ‘n finale stamp gee in Dawn se pienkpaleis. Die beeld van sy voël diep in haar en die sappe wat langs sy skag uitloop, druk my plesierdrempel dat ek die rillings van my orgasme deur my hele lyf voel. Dit raak donker voor my en ek hoor net ‘n sagte geklots van die damwater op die oewer.

Ons sit beide op ons kampstoeltjies langs die klein vuurtjie. Dawn lek die vet van die gebraaide skaapribbetjie van haar vingers.

“Daar’s darem maar min dinge wat kom by ‘n lekker gebraaide skaaprib.”

“En ‘n lekker stuk Bloemfontein boerewors,” voeg ek by.

Richard moet ons sekerlik hoor skaterlag iewers in die verte.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Damstreke

  • September 29, 2016 at 1:29 pm
    Permalink

    Bliksem, ek is nou lus vir ‘n ding!

    Reply
  • September 19, 2016 at 5:50 pm
    Permalink

    Alla magtag….very nice

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)