
Byna Kersfees by die Vaalrivier
deur Always
Taalversorging deur Lusman
Ons werk al ʼn paar jaar saam. Alhoewel ons vir dieselfde maatskappy werk, is my kantoor in die Vaal-driehoek en Jane is werksaam by ons hoofkantoor in Johannesburg. Ons sien mekaar net wanneer daar vergaderings of interne opleiding is. Ons het goeie pelle geword en gesels gereeld as ek by Hoofkantoor kom.
Maar ek moet ook versigtig wees vir al die losbek skindertannies. Ek weet self nie mooi of daar “iets” tussen ons broei nie, maar ek het al ‘n paar stoute WhatsApp-boodskappies gestuur. Dit was darem nooit iets wat haar ongemaklik sou laat voel nie. Op so iets sou sy skerp teruggekap het, soos ek haar leer ken het.
Wanneer ek in haar kantoor kom, om ‘n bietjie te gesels, kan ek nie my oë van haar afhou nie. Sy is in haar vroeë sestigs, met ‘n stunning lyf. Sy dra soms rokke met ‘n spleet wat soms ‘n bietjie meer wys as wat dit moet. Sy het ligte groenblou oë, korterige rooi hare en ‘n goedversorgde lyf. Die ongelooflikste en sexyste boudjies pryk aan haar agterkant. Dan is daar ook die persoonlikheid wat nie agtergebly het toe talente uitgedeel is nie.
Maar ai tog, daai boudjies; sexy man, sexy! Hulle bly altyd die moeite werd om dop te hou as sy in die kantoor rondbeweeg.
So af en toe, as sy by my verbystap, gebruik ek die geleentheid om ‘n suggestiewe grappie te maak. Sy sal my dan met ‘n kastig geskokte uitdrukking aangluur. Maar as sy my vertel dat ek stuitig is, sal dit altyd met ‘n stoute flikker in haar oë wees. Al hoe meer tevrede met ons ontwikkelende verhouding, maar nog steeds versigtig, het ek begin voelers uitsteek om haar vir ‘n na-werk-drankie te nooi.
Die week voor my een-en-sestigste verjaarsdag moet ek weer Hoofkantoor besoek. Ek besluit dat vandag die dag is wat ek haar gaan nooi – kastig om my verjaarsdag te vier. Sy aanvaar die uitnodiging sonder veel moeite en ons reël ‘n plekkie nie ver van Hoofkantoor nie.
Ons het lekker gelag en gesels en besin oor die dinge van ouds en die dinge van nou. Ek het lanklaas so lekker saam met iemand gekuier. Ek het haar onder andere vertel van ‘n paar lekker kuierplekke langs die Vaalrivier. My oë was vasgenael op haar lippe om te hoor hoe sy reageer. Sy het nie teësinnig gelyk nie.
Die koffiedrink-oomblik was hopeloos te vinnig verby, maar sy het ingestem dat ons weer so kan maak. Want sy wil meer hoor oor die Vaalrivier. Toe ek huis toe ry, besef ek weer hoekom sy vir my so ongelooflik is. Sy is als wat ‘n man wil hê. In my kop en brein skree die begeerte om haar vir ‘n naweek by die rivier te hê. Ek wil haar soontoe lok, maal dit deur my kop.
Dit was begin-Desember. Die firma het besluit om hierdie jaar sy jaarlikse afsluitingsfunksie by ‘n sekere hotel naby die Vaalrivier te hou.
Almal het die kersete in die hotel se eetsaal geniet en was agterna besig om te kuier. Almal drink iets, oftewel almal wat nie besig is om te gesels nie.
Ek kon my oë nie van haar afhou nie. Daar is ʼn paar ander wat haar tyd opeis, seker ook met ʼn plan of twee. Ons twee is albei stil by dié plek, wat nie iets soos stilte ken nie.
“Dis net jammer ons sit so ver van mekaar af, want ek wens met my hele hart dat ek nader aan jou was,” sê ek op ‘n stadium vir haar, toe ek by haar verbystap met ‘n koppie koffie. Soos ek sit en kastele bou, dink ek weer aan ons eerste ontmoeting.
Ek kyk om my. Ek moet net versigtig wees, my gedagtes is op hol. Ek het allerlei planne om haar eenkant te kry, maar die risiko is groot.
Later begin van die Gauteng-personeel stadig huis toe gaan. Groot is my teleurstelling toe Jane my net na een-uur meedeel dat sy ook sal moet ry. Maar my gemoed helder op toe sy met ‘n glimlag opmerk dat ek haar nog ʼn koffie skuld. Gou spreek ons iets af: Sy sal ry. Maar eerder as om huis toe te ry, sal sy vir my op die parkeerterrein van ‘n sekere inkopiesentrum langs die Vaalrivier wag. Ek sal dan ‘n bietjie later volg en haar daar ontmoet; dan besluit ons waarheen daarvandaan.
Ek kry haar kar sommer gou toe ek by die parkeerarea inry. Ek sê vir haar ek weet van ‘n lekker plekkie langs die rivier en sy moet my volg. Dis sommer ‘n groot vreugde toe ek sien sy ry agter my aan! Ek kan my geluk nie glo nie. Ek moet baie hard konsentreer op die pad met al die gedagtes wat deur my kop maal en my bloed laat bruis.
By die plek aangekom, kry ek vir ons ‘n afgesonderde tafel in die restaurant. Sonder dat sy weet, reël ek met die eienaar, ‘n ou hengelvriend, vir die sleutel van een van die rondawels. Ek sit met die sleutel veilig in my sak terwyl ons iets bestel.
Na koffie gaan stap ons langs die rivier. Ek wys haar ‘n vriend van my se boot op die water – taamlik ver van waar ons is.
“Kom staan hier voor my, kyk waar ek wys,” sê ek. Sy skuif tussen my en die reling in. Ek voel hoe haar warm boude voor teen my broek skuur.
“Sien daar,” en ek beduie.
“O ja, nou sien ek,” antwoord sy en druk effe met haar boude stywer teen my aan.
Ek voel hoe my piel styf word. Sy voel dit ook en druk steeds stywer aan. Met my een arm het ek haar lyf teen my hardwordende horing vasgetrek. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n vrou so begeer het nie.
Jane leun gewillig teen my. Sy wag geduldig dat ek haar mond vir die eerste keer opeis. Ek speel eers met haar lippe, my lippe teen hare. Dan druk ek my tong tussen haar lippe in. Jane se arms gaan outomaties om my nek en sy bied my haar tong met kreungeluidjies aan.
Ek sê vir haar ons moet ‘n entjie teen die rivieroewer af ry. Sy’s gretig. Ons ry by ‘n paar van die rondawels verby. Toe ek voor een van hulle stop, draai sy haar kop skuins en kyk na my. ‘n Sagte glimlag vorm op haar lippe en rondom haar mond. Ek kyk na haar en sy kyk na my. Ek weet dis iets anders as ‘n soen wat ek wil hê.
Dis duidelik dat sy weet dat ek weet dat sy dit ook wil hê. Sy wil beslis hê ek moet weet dat sy ook so voel. Haar gesig straal van die opgewondenheid. Ek kan sien sy is haastig, want sy draai die ruit aan haar kant op en vat-vat aan die deurhandvatsel. Ek vat aan haar bobeen en wys met my kop ons moet uitklim. Haar deur gaan blitsig oop; ek wou hom nog vir haar oopmaak. Ek kom vinnig om die kar en vat haar hand. Haar arm is dadelik om my lyf.
Ons kan ons hande nie van mekaar afhou nie, wat beteken dat dit langer vat as normaalweg om die deur oop te kry. Uiteindelik kry ek dit oop en stoot haar vinnig binne toe. Teen die naaste muur druk ek haar vas en soen haar diep en innig. Dan hou ek skielik op en kyk haar diep in haar groenblou oë.
”Jane, ek het so lank vir die oombl…”
Maar voor ek my sin kan klaarmaak is haar lippe op myne om te beaam wat ek wou sê. Geen woorde is nodig nie. My hande ken die pad, al het hulle nog nooit voorheen die paadjie met haar gestap nie.
Met my een hand terg ek haar tepel deur haar rok terwyl my ander hand die ritssluiter van haar rok soek. Binne sekondes lê die rok gepoel by my voete. Ek staan so ‘n bietjie weg en bewonder haar, soos sy daar net in haar bra en broekie staan.
“Pragtig, jy is absoluut ‘n vrou in al jou elemente.” My kompliment is eg bedoel en ek kan sien dit maak indruk. Haar reaksie is om my met ‘n hemelse glimlag te beloon. Haar mond vorm die woord “Dankie”.
My hande is nou op voloutomaties. Ek neem haar vol borste in liggies bewende hande. Sy trek lank en diep asem in toe sy my hande op haar voel. Na mate ek versigtig ontdekkend begin druk, voel en masseer, blaas ek stadig hoorbaar uit oor haar lyf. Sy gee welbehaaglik haar genoeë te kenne.
Ek laat gly my hande oor haar rug na haar boude toe. Ek druk hulle onder haar broekie in sodat dit vel op vel is. My hande is uiteindelik om die mooiste paar boude gevou.
“Ag nee, dis nie fair nie,” laat sy nou gemaak-ontevrede hoor. “Jy vat en voel alles en ek niks nie!”
Sy laat haar arms sak en kry my gordelgespe beet. My broek en onderbroek val gou op die vloer, gevolg deur my hemp. Ek voeg die daad by die woord en vou my arms om haar lyf en soen haar. Terwyl ek dit doen, beweeg ek tree vir tree met haar agteruit, na waar die bed is. Ek lig haar op in my arms en lê haar op die bed neer, voor ek langs haar gaan lê. Ek gaan voort met die soen, wat later so hartstogtelik raak dat ons altwee eers ‘n breek moet vat om asem te kry.
Dan begin die reis van my mond na haar nattigheid toe. Ek soen al af met haar maag tot net bo haar broekie. Dan trek ek haar broekie uit en druk haar bene effe oop. Ek aarsel nie en proe dadelik aan haar. Ek droom al vir baie lank oor die oomblik, maar die drome kon tot dusver nie naby aan die werklikheid kom nie. Met haar bene oor my skouers, laat ek my tong deur haar gleufie gly. Van bo tot onder, en dan weer terug. Terselfdertyd begin ek haar klit te suig terwyl ek my vinger stadig in haar gleuf druk. My rug trek krom van die lekkerkry. Ek suig harder en druk my vinger dieper in.
Tussendeur die kermgeluidjies lig ek my kop op. Ek kruip vorentoe tussen haar bene en dan hoër op. Ek posisioneer my lyf oor hare, met my elmboë langs haar op die matras. Haar tiete druk teen my bors. Dan kom my mond weer op hare neer. Ek begin haar weer hard en dringend te soen. Sy maak haar bene verder oop en vou hulle om my. My piel is hard. Ek posisioneer hom met sy kop by die ingang van haar nattigheid. Dan begin ek hom bietjie vir bietjie al dieper in haar indruk.
As ek halfpad in is, kan ek dit nie meer hou nie. In een ferm stoot is ek diep binne haar. Ons lywe is een. Ek kan die vibrasies van haar kermgeluide voel. Dit dryf my tot waansin soos sy haar orgasme nader.
Ek is ook nou by omdraai verby, met haar bene wat half om my middel is. My voël pomp staccato in en uit, terwyl ek haar met my hande onder daai mooi boude in die lug hou … en naai! Dan ontplof ons altwee in ‘n hemelse gemeenskaplike orgasme. Ek spuit stroom na stroom warm, pêrelwit kom in haar in. Ek hou aan naai totdat my eiers dolleeg is. Ek lê steeds vooroor oor haar en hou haar vas terwyl ons asemskep.
Sy glimlag en druk teen my skouer sodat ek van haar afrol en op my rug draai. Met haar kop rus sy op my skouer. Ons lê tevrede in mekaar se arms. Ons kommunikeer woordeloos. Saam kreun ons van genoegdoening en volkome tevredenheid.
Die lugversorger blaas koel lug oor ons warm liggame en bring ons terug na die werklikheid. Ek sien dat sy na die horlosie teen die muur kyk. ‘n Trek van ontevredenheid verskyn vir ‘n oomblik op haar gesig. Sy streel met haar hande oor my gesig en sê dis tyd.
Ek haat elke oomblik en elke kledingstuk wat ek optel en vir haar aangee. Haar instinktiewe vrouwees word teen my sin verskans met elke stukkie lap wat om en oor haar kurwes vou. Die glinstering in haar oë doof nie vir ‘n oomblik nie en sy bly reguit en trots na my kyk.
Wanneer ons klaar aangetrek het en ek die deur oopsluit, gryp sy my vas en draai my dat ek na haar kyk. Dan soen sy my liggies op die wang.
“Dankie,” fluister sy skaam en bloos effens.
Alles is nog so onwerklik. Ek kan nie glo wat ek aangevang het nie! Dis net nie ek nie!
Tog weet ek dit is wat sy wou hê en dat Dries die perfekte minnaar was.
“Jy gaan vir my nog plekkies by die Vaalrivier kom wys, nè. Of sommer weer hierdie een. Gereeld, nè?” hoor ek haar vraend en half pleitend sê terwyl ek die kar in rat sit..
13 COMMENTS
Goed gedoen.. Lekker gelees!!
Heerlike storie
Die storie het my sopnat! Begeer ‘n man se lyf op myne!
Is daar ‘n aansoekvorm om te voltooi, Cutenicki?
Netjies gedoen. Baie sensueel en seksueel. Geluk. Laat hulle kom!
Dankie
Dit word waardeur
Always, buiten ‘n baie lekker storie (Jagsmakend!) is jou taalgebruik en loslit aanbieding ‘n plesier om te deel. Alhoewel Lusman die redigeerder is kom jou natuurlike talent na vore.
Dankie duisend, jy mag maar! ☺
Dankie,
Waardeur jou aanmoediging
Always, my ou maat – dis nou ‘n storie 1000. Puik geskryf. Sien uit na die volgendes.
Dankie
Ai … Hier waar ek juis nou so op die Vaal uit kyk is dit n awesome storie om te lees
Dankie
Vaalrivier het sy eie betowering
Netjies, Always…baie netjies.
Thnx