Akwarium (2)
deur Ramkat Erasmus
(Lees eerste episode HIER)
Ek en Vasti staan op die dek van die omgeboude mynveër en kyk hoe die drie dolfyne met allerhande kapperjolle wegswem van die diepseetenk af. Ek noem dit ‘n tenk, maar dis eintlik net ‘n groot stuk see wat in ‘n net lê en waarin Herkules, Thelma en Louise die laaste maand of twee gebly het en geleer het om soos wilde dolfyne te jag en te swem.
Vanoggend het Vasti haar duikpak aangetrek en ‘n paar draaie saam met hulle geswem en toe het sy die onderwater hek oopgemaak. Thelma, snaaks genoeg, want sy is die skaam ene, het eerste uitgeswem en kort daarna Herkules en toe Louise. Vasti het die hek weer toegemaak en toe uitgeklim en by my op die dek kom staan.
Ons het lank gekyk na die drie dolfyne wat uiteindelik die diepsee ingeswem en verdywn het. Al wat van hulle oorgebly het was die gebiep en die rooi kolletjies wat ons op die skerm van die opsporingseenheid kon sien.
Drie ander duikers het die water ingespring en die net begin opvou. Daarna is dit aan boord gehys en die kaptein het die ou mynvëer omgedraai en teruggeseil Houtbaai toe.
Vasti het ‘n paar joernaliste en kameramanne te woord gestaan en verduidelik hoe lank ons die dolfyne sal kan volg tot hulle senderbatterye doodgaan, waarheen sy gedink het hulle sal swem ensovoorts. Vandat die dolfynprojek bekend geword het, het Vasti so ‘n ietwat van ‘n “media darling” geword. Haar gespierde lyf met die duiktenk op haar rug, haar duikbril op haar voorkop en die donkerblou eenstukbaaibroek het ‘n bekende gesig geword op koerantvoorblaaie en tydskrifte. Op die Internet het sy vinnig ‘n gevolg opgebou van meer as dertigduisend volgelinge van regoor die wêreld. Self ‘n huweliksaansoek of twee gekry …
Na wat ek sien, het die roem haar min geskeel. “Dit gaan nie oor my nie. Dit gaan oor die dolfyne!” was haar standaard antwoord. Maar nietemin het sy nie “nee” gesê vir die borgskappe en skenkings wat vir haar projek ingerol het nie. En van oraloor het mense haar laat weet van nog dolfyne in aanhouding. Vasti was ‘n ster!
Ek het keer op keer my droom onthou van haar en Herkules in die tenk en baie keer gewonder waar dit vandaan sou kom. Munier het ‘n slag of wat gevra wat aan die gang is, maar ek het net my kop geskud en gesê ek dink aan my eks. Dan’t hy gelag en gesê: “Jy’s beter af sonder daai enetjie. Glo my!”
‘n Week later klop Vasti aan my deur en loop in sonder om vir ‘n antwoord te wag. Haar kort blonde hare is regop gejel. Sy’t ‘n klein bietjie grimering om haar oë en ‘n bietjie lig-pienk listiffie. ‘n Stywe wit bloes, wat net-net haar vleeskleurige bra toemaak en dan het sy ‘n baie stywe denim aan met sandale aan haar mooi voete.
Ek wik en weeg of ek iets moet sê oor die grimering, maar sy spring my voor. “Ja, ja, ek weet. Ek dra nooit make-up nie, maar ek was by ‘n vergadering van die borge. En hulle wil weet ek is nie net ‘n girl in ‘n “wetsuit” en skubagoed nie. Ek het darem ‘n kop ook op my lyf.”
“Dit het jy inderdaad,” sê ek floutjies.
“Wat maak jy Vrydagaand?”
“Moreaand? Ek het nie planne gemaak nie. Ek bedoel, ek het nie ‘n date of iets nie. Sal seker maar ‘n bier gaan drink by die Waterfront en dan huistoe gaan.”
“Het jy ‘n aandpak?” vra sy met ‘n stoute vonkel in haar oë.
“Snaaks genoeg, ja. Ek het. En hy pas nog. Hoekom?”
“Ek moet ‘n dinee bywoon saam met van ons borge. Ek sal dit waardeer as jy kan saamkom.”
“Uhmmm …” kry ek dit uit.
“Dis by die Mount Nelson, so die kos sal seker lekker wees. Hulle gaan speeches maak en dan vir my ‘n tjek gee. Dan kan ons eet en waai. Wat sê jy?’
“Graag. Ja. Ek sal graag saamkom”
“Sal jy my oplaai? Dan hoef ek nie met hoë hakke te probeer bestuur nie.”
“Sure. Ja. Natuurlik. Ek sal die kar laat was en skoonmaak.”
Sy lag. “Dink nie ek sal daai tjor van jou herken as hy skoon is nie.” En soos sy uitloop sê sy oor haar skouer: “Ek sal ‘n pin stuur na my adres toe. Laai my seweuur op. Dan kan ons nog ‘n drink drink voor die do begin.”
Die volgende oggend gee ek my aandpak by die droogskoonmaker in en los my kar by ‘n karwasplek om die draai van die kantoor. Ek sien Vasti net vinnig terwyl ek en Munier sukkel om ‘n lekplek in een van die kleiner dammetjies reg te maak. Dis iets wat al meer gereeld gebeur omdat die gebou en meeste van die fasiliteite horingoud is. Munier brom onderlangs dat ons vir Vasti moet vra, vir van haar borggeld, om ‘n paar dringende goed reg te maak of te vervang.
Dan is die dag verby. Ek kry my silwerskoon 12-jaar oue Mazda by die skoonmakers en tel my aandpak op net voor hulle toemaak. Dan ry ek huistoe en gaan klim in ‘n stort. Vasti se pin kom deur en ek skeer sorgvuldig voor ek my aandpak aantrek. Wonder bo wonder sit die ding half los en na ek vir ‘n rukkie met die strikdas gestoei het, kry ek dit ook reg.
Deur die kombuisvenster kyk ek na my kar en besluit dit sal nooit deug om met die ding by die Mount Nelson op te daag terwyl ek die stêr van die aand vergesel nie. Ek bestel ‘n Uber Black, tel die boks sjokolade wat ek gekoop het op, en wag vir die Merc om my op te laai.
Ek gee die bestuurder die adres en hy kies koers na die Tamboerskloof area. Hy stop voor ‘n outydse huis en ek klim uit en gaan klop aan die deur. Vasti maak oop en vir ‘n paar sekondes slaan my ore toe, my asem weg en al die speeksel in my mond droog op.
Sy het ‘n swart rok aan waarvan die halslyn amper tot by haar naeltjie oop is. Die romp van die rok het ‘n spleet in en Vasti se een lang gespierde been loer daardeur as sy vorentoe stap en die deur sluit. Haar pragtige rug is kaal en sy het ‘n piepklein handsakkie waarin sy haar sleutels bêre.
Ek hou my arm en begelei haar na die slap swart kar toe. Ek maak die deur oop en sy gly in, in ‘n simfonie van bene en mooi voete in swart haksandale.
Sy sê niks oor die kar nie en binne ‘n paar minute trek ons by die Mount Nelson in. Ouens in swart broeke, with hemde en maroen onderbaadjies spring om die deure vir ons oop te hou. ‘n Paar van hulle staar oopmond na die godin wat vanuit die kar verreis.
Ons stap in, en word deur ‘n jong meisie in ‘n kort rokkie na ons tafel gewys. Vasti ken meeste van die gaste om ons tafel en ek word oor en weer voorgestel. Ek kry ‘n glas wyn en kort voor lank gesels ek met ‘n ouer dame, die vrou van een van die borge, oor die verskil tussen dolfyne en vis.
Wanneer die saal amper vol is, begin die seremoniemeester met die verrigtinge. Daar is inderdaad ‘n hele paar toesprake en dan begin die veiling om fondse in te samel. Skilderye, wyn, getekende rugbytruie van Stormer en Springboklegendes en dies meer.
Dan vra hulle vir Vasti om ‘n paar woorde te sê. Haar toesprakie is kort, snaaks en presies in die kol vir die aand se gebeure.
Wanneer Vasti kom sit en die veiling hervat, rol die geld in soos ‘n tsunami. Teen tienuur is alles verby. Verskeie mense kom gee vir Vasti besigheidskaartjies, wat sy na my toe aangee om in my baadjiesakke te sit. Ek ontbied weer ‘n Uber en ons kry dieselfde man wat ons vroeër hierheen gebring het.
As ons in Tamboerskloof voor haar huis stop sê Vasti ek moet inkom vir koffie. Ek bedank die Uberman en loop saam met haar na haar voordeur toe.
Soos so baie van die huise in Tamboerskloof is die een redelik klein en knus, met trappe. Baie trappe.
Vasti sê ek moet sit, bring vir my ‘n whisky in ‘n swaarboomglas en glip teen die trap op na ‘n vertrek bo iewers. ‘n Minuut of wat later begin musiek speel. Dis iets klassiek. Viole en goed. Mooi en rustig.
Ek begin my sakke leeg maak en pak al die kaartjies op ‘n koffietafeltjie uit. Vasti kom teen die trap af, steeds in haar aandrok, maar sonder haar sandale. Sy vroetel aan die stuk material wat oor haar regterbors loop en trek ‘n stukkie kleefband uit. Dan doen sy dieselfde aan die anderkant.
“Die goed is flippin ongemaklik, maar liewer dit as om met kaal boobs langs die hoofborg se vrou te sit!”
Sy strek behaaglik agteroor en haar stywe tepeltjies staan punt teen die dun swart material. Ek voel ‘n ongemaklike hardheid in my broek ontwikkel.
Sy leun vorentoe en tel die whiskeyglas op, die material gaap oop. Ek sien ‘n perfekte klein borsie met ‘n klein bruin tepeltjie teen haar wit vel afgeêts. Ek staan op, trek my baadjie uit, pluk die strikdas los en knoop die boonste drie knope van my hemp los. Vasti sit met ‘n effense glimlag vir my en kyk oor die rand van die glas.
Ek loop om die koffietafel en hou my hand uit. Sy vat dit en ek trek haar op. Sy staan voor my, teen my. Sy vat weer ‘n slukkie, maar die keer sluk sy dit nie in nie. Sy leun vorentoe en sit haar lippe op myne. Dan laat sy die whiskey in my mond inloop.
“Gee jy om?” vra sy saggies.
“Gladnie …”
Weer ruil ons ‘n slukkie whiskey en dan vat sy my hand en lei my teen die trap op.
Haar slaapkamer is behang met lappe en daar is ‘n klomp strooikussings op die bed. Teen die muur aan die kopenent van haar bed is ‘n groot foto van drie dofyne wat uit ‘n golf uitspring. Sy draai in my arms in en ek sit my hande op haar heupe. Ek kan die spiere onder haar warm vel voel. Ek gly my hande boontoe en onder die dun material van haar rok in. Met elke duim voel ek hoe hard haar tepels is. Ek buk vorentoe en soen haar op die mond. Sy trek weg, vat haastig weer ‘n sluk en laat die Skotse vog in my mond en keel afloop. Dan sit sy die leë glas neer, tel haar hande op en vroetel agter haar nek. Die rok se halter kom los en val teen haar lyf af. Sy hou haar hande agter haar kop en druk haar bo-lyf vorentoe. Ek vat eers die een, dan die ander tepeltjie in my mond en rol dit rond met my tong. Dan soen ek haar weer. Terwyl ek met my tong die binnekant van haar mond verken voel ek hoe sy met die rok om haar middellyf vroetel. Die romp gaan los en die swart material suig af na ondertoe. Sy het nie ‘n broekie aan nie. Ek staan terug en vergaap my aan wat ek sien.
Sy druk haarself teen my aan en soen my weer. Dan praat sy in my mond in.
“Hulle sê as jy ‘n meisie se klere uittrek en sy het bypassende onderklere aan, dan is dit nie jy wat besluit het om seks te hê nie …”
Ek glimlag.
“Ek is mal oor jou bypassende onderklere.”
Dan kan nie een van ons meer wag nie. Sy begin my hemp losmaak terwyl ek met my broek se belt sukkel. Ek voel hoe sy in haar haas ‘n knoop laat spat. Dan is ek ook kaal. Ons val op die bed neer en haar hande is oral oor my lyf en myne oor hare. Ek soen haar nek, haar tieties, haar maag. Dan beweeg ek verder af en soen haar papnat poesie. Sy kreun diep in haar keel en trek my aan my skouers op. Sy gryp my piel en help om dit in haar in te druk. Dan begin sy haar heupe op en af beweeg. Ek kry haar ritme en dan naai ons soos twee besetenes.
Dit vat nie lank nie. Dan kom ons albei. Sy eerste, en ‘n paar sekondes later, ek. Ek bly vir lank in haar, dan stoot sy my af en druk my plat op my rug. Sy kyk diep in my oë, glimlag en duik dan af en vat my piel in haar mond. Sy suig en lek tot ek skoon is. Dan rol sy op haar rug, maak haar bene oop en lig haar kniëe op.
“Jou beurt,” fluister sy.
Ek beweeg af, lek haar poesie een of twee keer en sit dan my mond oor haar opening. Ek suig liggies en voel hoe my saad uit haar poesie uit in my mond inloop.
Dan beweeg ek weer boontoe. Ek maak haar mond oop en laat my kom uit my mond uit in hare inloop. Sy sluk gulsig.
Dan lê ons vir ‘n ruk met hortende asems langs mekaar.
Na ‘n ruk voel ek haar hand om my voël en sommer gou-gou is ek weer hard. Die keer vat ek my tyd en stoot haar dan hard, dan saggies. Dan op haar kniëe, dan op haar rug. Sy vryf elke nou en dan aan haar klit en laat my weet as sy kom. Uiteindelik kan ek ook nie meer nie en weer skiet ek haar vol saad. Sy druk my weer agteroor, maar die keer kom sit sy met haar poesie oor my gesig en laat die taai wit vloeistof uit haar uitdrup. Ek hou my mond oop en vang elke druppel wat sy uitgedruk kan kry. Sy soen my en ek gebruik my tong om my saad in haar mond in te voer. Sy sluk alles wat ek haar gee. Dan kom kruip sy teen my aan, haar kop op my arm.
“Kom ons slaap. More kan jy vir my brekvis gee.”
Die keer droom ek nie van Vasti en ‘n dolfyn nie …
5 COMMENTS
Ramkat ek sien selde uit na ‘n vervolg op ‘n verhaal want ek weet dit sal nog kom. Maar met die eerste aflewering van hierdie storie kon ek nie wag vir die vervolg nie.
Briljant jy’t my nie teleurgestel nie! Dankie!
Wat van “Komproemie” vir ‘felching’…haha sommer net stuitig !
Lekker woord daai!
Baie mooi geskryf!!
Die oor en weer uitruil van kom word op Engels genoem ” felching”. Enigiemand ‘n mooi Afrikaanse woord daarvoor?
Briljant Ramkat briljant!